Wikipedia:Hulpmiddels/HotCat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hotcat is 'n hulpmiddel vir diegene wat dikwels artikels (her)kategoriseer. Die laat gebruikers toe om kategorieë vinniger by artikels toe te voeg/te verwyder/te wysig, sonder dat die artikel self gewysig hoef te word.

  • Slegs 1 kategorie kan per keer bygevoeg/gewysig/verander word.
  • Slegs kategorieë wat met "Kategorie:" begin word raakgesien. Kategorieë wat met "Category:" begin, kan nie met hierdie funksie verwyder of gewysig word nie.
  • Kategorieë wat d.m.v. sjablone toegeken word (bv. {{saadjie}} kan nie met hierdie funksie gewysig/verwyder word nie.
  • Blyk ook 'n probleem te hê met kategorieë wat nog nie bestaan nie: a.g.v. die mouse-over teks wat lees "nog nie geskryf nie", word dit dan deel van die kategorieskakel wat die script soek, bv. "Kategorie:Amerikaanse filmkuns (nog nie geskryf nie)".

Die funksie kan aangestel word by Voorkeure -> Gadgets. Selekteer dan <gadget-HotCat> en "stoor voorkeure".