Wikipedia:Ontkiemingskompetisie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Welkom by die Afrikaanse ontkiemingskompetisie!

Die idee van 'n Afrikaanse ontkiemingskompetisie ontstaan in 2018. Die kompetisie behels 'n maand waartydens alle gebruikers uitgenooi word om soveel as moontlik saadjies te ontkiem. Die idee is eenvoudig: verminder so veel as moontlik van die 23 231 Afrikaanse saadjies. Sien ook Spesiaal:KortBladsye vir die kortste artikels. Gebruik Pet Scan om volgens kategorieë te soek en artikels te beperk volgens grootte.

Reëls[wysig bron]

  1. Verbetering moet binne die kompetisieperiode gesien word. Deelnemers is welkom om vooraf aan artikels te werk, maar die werklike verbeteringswerk aan die artikels of nuwe artikels moet tussen daardie datums aanlyn gedoen word.
  2. Die definisie van 'n saadjie vir doeleindes van hierdie kompetisie is artikels met minder as 5 000 grepe. Hulle hoef nie as saadjies gemerk te wees nie nie; afwesigheid van 'n saadjiemerk is onbelangrik; hulle sal nog steeds tel.
  3. Enige bydraes om 'n saadjie van minder as 5 000 grepe na meer as 5 000 grepe te groei, sal in ag geneem word, insluitende die verbetering en uitbreiding van teksinhoud, byvoeg van bronne en verwysings, kategorisering, invoeg van inligtingskasse, beelde en ander sjablone, ensovoorts.
  4. 'n Artikel kan slegs een keer as 'n inskrywing gelys word, onder een deelnemer. Die persoon wat volgens die wysigingsgeskiedenis die artikel oor die 5 000 grepe-drumpel bring, sal in aanmerking gebring word in verband met daardie artikel se nominasie.
  5. 'n Gebruiker moet ingeteken wees om punte te kry.
  6. 'n Gebruiker moet die artikel lys onder Ontkiemde artikels om punte te kry.
  7. Enigiemand kan 'n artikel merk (* en teken (~~~~)) wat onder 5 000 grepe grepe is, dan moet gebruiker Dumbassman, K175 of SpesBona gaan kyk of dit die geval is. Indien so, kan daardie artikel vir 'n week nie deur ander deelnemers ontkiem word nie.
  8. Net artikels wat voor 15 Desember geskep was kan in aanmerking gebring word.

Hierdie kompetisie vind plaas vanaf 00:00 UTC op 15 Desember 2019 tot 23:59 UTC op 15 Januarie 2020.

Daar is VS$170 se Amazon geskenkbewyse te wen (VS$100, VS$50 en VS$20 vir 1ste, 2de en 3de) vir wie die meeste artikels ontkiem. Om 'n saadjie te "ontkiem" moet jy seker maak die artikel groei tot ten minste 5 000 grepe.

Deelnemers[wysig bron]

Teken (~~~~) hier as jy wil deelneem.

  1. – K175 (klets | my bydraes) 10:50, 16 November 2019 (UTC)
  2. Ek gaan deelneem maar kan nie pryse wen nie Dumbassman (kontak) 09:13, 17 November 2019 (UTC)
  3. Ek sal nie die hele tyd kan deelneem nie, maar sal vir solank ek kan. ~ Burgert (kontak) 20:18, 19 November 2019 (UTC)
  4. Ek sal kyk wat ek kan vermag. Antheun Botha (kontak) 09:09, 20 November 2019 (SAST)
  5. Sobaka (kontak) 15:36, 20 November 2019 (UTC)

Ontkiemde artikels (eerste 100)[wysig bron]

Ontkiemde artikels (tweede 100)[wysig bron]

Rangorde na 255 ontkiemde artikels[wysig bron]

Finale rangorde[wysig bron]