Wikipedia:Sandput/Robert Pattinson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Robert Pattinson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Pattinson by die 2014 Cannes Film Fees, Mei 2014

Geboortenaam Robert Douglas Thomas Pattinson

Robert Douglas Thomas Pattinson[1] is 'n Britse akteur, model, musikant en rolprent vervaardiger. [2] Pattinson het sy loopbaan begin met 'n rol as Cedric Diggory in Harry Potter and the Goblet of Fire.[3] Hy het later die hoofrol vertolk van die vampier, Edward Cullen in die Twighlight Saga Film Reeks geskryf deur Stephenie Meyer.[4][5] Hierdie rol het hom gevestig as een van die hoogs betaalde akteurs in Hollywood en het groot beroemdheid meegebring.[6][7][8] In 2010 is Pattinson benoem as een van TIME se '100 Mees Invloedryke Mense Ter Wêreld', en in dieselfde jaar het Forbes hom gelys in die Forbes Celebrity 100.[9][10]

In 2009 het hy die rol vertolk van Salvador Dalí in Little Ashes. In dieselfde jaar is 'n dokumentêr met die titel Robsessedvrygestel oor sy beroemheid en gewildheid. Hy het verskyn as 'n jong man met baie probleme in Remember Me, en het ook verskyn in die romantiese drama Water for Elephants in 2011. Sy vertolking van die rol as a tawwe, gevoellose en berekende biljoenêr in David Cronenberg se Cosmopolis in 2012, het hom baie lof besorg. Hy het verder waardering ontvang van sy rol in David Michod se futuristiese film The Rover en in Cronenberg se satiriese drama Maps to the Stars(beide in 2014).

Pattinson is geskeduleer om te verskyn in Werner Herzog se Queen of the Desert, Anton Corbijn se Life, Olivier Assayas se Idol’s Eye en in James Gray se The Lost City of Z.

Pattinson speel en skryf ook sy eie musiek.

Hy is 'n ondersteuner van ECPAT International, Parents and Abducted Children Together(PACT), GO Campaign en is 'n lid van International Medical Corps. Hy dra ook by tot kanker bewusmakings veldtogte.

Vroeëre lewe[wysig bron]

Pattinson is gebore in Londen, Engeland. Sy pa, Richard, het antieke motors uit Amerika ingevoer en sy ma, Clare het gewerk vir 'n model agentskap. Pattinson het twee ouer susters, Lizzy en Victoria. Lizzy het bekendheid verwerf as sanger. [11] Robert het groot geword in die Barnes distrik van Londen, waar hy skool gegaan het by Tower House School tot en met die ouderdom van 12, waarna hy The Harrodian School bygewoon het.[12]. Robert het betrokke geraak by amateur teater deur die Barnes Teater Groep. Hy het 'n klein rol losgeslaan in Guys and Dolls. Hy het ook 'n oudisie gedoen vir Thornton Wilder se Our Town en is raakgesien deur George Gibbs. Hy het ook rolle vertolk in Anything Goes en Macbeth.[13]. Hy het aandag getrek met sy rol in Tess of the Urbervilles en het hierna begin kyk na meer professionele rolle.

Loopbaan[wysig bron]

Model[wysig bron]

Robert Pattinson (7585907946).jpg

Pattinson het as 'n model begin werk op die ouderdom van 12, maar die aanvraag na hom het vier jaar later begin afneem. Hy het teenoor 'n tydskrif genoem dat hy die mees onsuksesvolste loopbaan as model gehad het. [14] Pattinson het verskyn in die advertensie veldtog van Hackett se Herfs 2007 versameling. [15]

In Junie 2013 is Pattinson gekies as die nuwe gesig van Dior Homme[16][17][18] en het verskyn in die 1000 LIVES, advertensie veldtog, deur Romain Gavras, met fotografie deur Nan Goldin. Hierdie veldtog het ook 'n liedjie Whole Lotta Love deur die Engelse rock groep Led Zeppelin bevat.[19][20][21] Goldin het ook later 'n boek met die titel Robert Pattinson : 1000 Lives, vrystel wat 'n versameling van Pattinson's se foto's van die veldtog bevat.[22][23]

Akteur[wysig bron]

Vroeë Loopbaan[wysig bron]

Pattinson het ondersteunende rolle gehad in die televisie produksie van Ring of the Nibelungs in 2004, en in Mira Nair se Vanity Fair, alhoewel die tonele waarin hy verskyn, slegs op die DVD weergawe verskyn. [24][25] In Mei 2005 was hy geskeduleer om te verskyn in die Britse premier van The Woman Before deur die Royal Court Theatre, maar is net voor die openingsaand afgedank, en vervang deur Tom Riley.[26] Later daardie jaar het hy die rol van Cedric Diggory vertolk in Harry Potter and the Goblet of Fire. Vir hierdie rol het hy die toekenning van British Star of Tomorrow ontvang van The Times[27] en is meer as een keer met Jude Law vergelyk.[28][29]

In 2006 het Pattinson verskyn in The Haunted Airman, wat op 31 Oktober die lug gesien het op BBC. Die rol het Pattinson met goeie resensies besorg. [30][31][32] The Stage het geskryf dat Pattinson die rol van die lugman, of die titel, met 'n perfekte kombinasie van jeugvolle terreur, en 'n wêreld wyse sinisme vertolk.[33] In Februarie 2007, het hy 'n ondersteunende rol vertolk in 'n televisie drama gebasseer op die top verkoper deur Kate Long, The Bad Mother's Handbook. [34][35]

The Twilight Saga[wysig bron]

Die akteurs van Twilight

In 2008 het Pattinson die rol losgeslaan van Edward Cullen in die film Twilight, gebasseer op Stephenie Meyer se top verkoper reeks met dieselfde naam. Volgens berigte was Pattinson oorspronklik huiwerig vir die rol, bang dat hy nie sal voldoen aan die 'beeld van perfeksie' wat van die karakter verwag word nie. [36] Die film is op 21 November 2008 vrygestel, en het Pattinson oornag in 'n ster en wêreldwye sensasie verander.[37] Alhoewel die film gemengde resensies ontvang het, is Pattison en sy mede-ster Kristen Stewart geloof vir die dinamika tussen hulle. [38] Die New York Times het na Pattinson verwys as 'n 'bekwame, eksotiese pragtige' akteur[39] en Roger Ebert was van mening dat hy perfek vir die rol is.[40]

Hy het weer die rol van Edward Cullen vertolk in die Twilight opvolg The Twilight Saga: New Moon, wat vrygestel is op 20 November 2009. Die film het 'n rekord inkomste van $142,839,137 gedurende die openings naweek verdien, en 'n opbrengs van $709,827,462 wêreldwyd verseker. [41] Die film self het negatiewe resensies ontvang, maar Michael Phillips van die Chicago Tribune het gesê dat Pattinson steeds 'interessant is om na te kyk, ten spyte van die slegte grimering'. [42]

Sy volgende film, The Twilight Saga: Eclipse is vrygestel op 30 June 2010, en het 'n inkomste van $698,491,347 wêreldwyd besorg. [43][44] Ook hierdie film het gemengde resensies ontvang. Kirk Honeycutt van The Hollywood Reporter het met lof gepraat oor Pattinson se toneelspel. Hy het genoem dat Pattinson jou laat vergeet van die wit grimering en vreemde kontaklense, en jou laat fokus op 'n karakter wat geskeur is tussen sy liefde vir die menslike Bella (Stewart), en die wete dat sy haar kloppende hart moet prysgee as sy vir ewig by hom wil bly.[45] Will Lawrence van Empireonline het al drie hoof akteurs geprys vir hulle vertoning. Hy het gesê dat die liefdesdriehoek duideliker en skerper is as ooit vantevore : Stewart wat steeds haar lip byt, Lautner wat steeds sy spiere wys, en Pattinson wat nie heeltemal van sy 'fiery-eyed pout' ontslae raak nie. Maar al drie het saam met hulle rolle ontwikkel, en weg beweeg van die melodrama van die voorlopers. "[46]

Pattinson het weer verskyn as Edward Cullen in The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1, wat op 18 November 2011 vrygestel is, en 'n inkomste van $705,058,657 by die loket verdien het. [47]

Pattinson het 'n laaste keer verskyn as Edward Cullen in die finale aflewering van die Twilight Saga, 'The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 2 wat op 16 November 2012 vrygestel is, en 'n rekord inkomste van $829 miljoen wêreldwyd by lokette verdien het. Die film het die meeste van die reeks verdien. [48][49]

Ander Vrystellings[wysig bron]

In 2008 is How to Be, 'n film deur Oliver Irving vrygestel.[50][51] Dit het by verskeie film feeste vertoon en het gemengde reaksie van kritici ontvang. [52][53] Pattinson het ook verskyn as Salvador Dalí in die film Little Ashes, 'n Spaanse-Britse drama deur Paul Morrison.[54] Hy het ook verskyn in 'n kort film The Summer House deur Daisy Gili.[55] Hierdie film is later weer vrygestel as deel van 'n bundel film met die titel Love & Distrust, wat bestaan uit 5 kort films wat 8 individue, van verskeie agtergronde, volg op tog om ware tevredenheid te vind. [56][57]

In 2009, het Pattinson die 81ste Academy Awards aangebied.[58] Op 10 November 2009, het Revolver Entertainment 'n DVD vrygestel met die titel Robsessed, 'n dokumentêr oor Pattinson se lewe en beroemdheid. [59]

Pattinson het gespeel in die film Remember Me wat op 12 Maart 2010 vrygestel is. [60] Die film het gemengde resensies ontvang, maar Pattinson se vertolking van die rol is geprys. Jake Coyle van Associated Press het gesê dat die jong akteur 'n onmiskenbare teenwoordigheid het. Hy het in Remember Me, die rol aangedik, was baie self bewus met neergeslae oë, moue opgerol en 'n sigaret wat kunsmatig uit sy mond hang, maar Tyler (soos Edward Cullen) is 'n huiwerige romantikus. [61] Ian Nathan van Empire Online was van mening dat dit Pattinson se beste vertolking tot op datum was. [62] en Kirk Honeycutt van The Hollywood Reporter het Pattinson en sy mede akteur Emilie de Ravin, geprys vir hulle vertoning, en gevoel dat die tonele van Pattinson en de Ravin ware sjarme uitstraal. [63]

Robert Pattinson 01.jpg

In 2011, het hy die rol vertolk van Jacob Jankowski in Water for Elephants, 'n film weergawe van die Sara Gruen boek met dieselfde titel.[64] Ook die film het gemengde resensies ontvang, maar Pattison se vertoning is geprys. Richard Corliss from Time het Pattinson geloof vir 'n skaam, stadige magnetisme wat die kyker se oë op hom fokus, en het na hom verwys as "ster kwaliteit".[65] Mick LaSalle van die San Francisco Chronicle het gesê dat Pattinson homself sentraal in die rolprent hou. [66] Peter Travers van die Rolling Stone het gesê dat hy "smeul" in die film[67] en Todd McCarthy van The Hollywood Reporter het gesê dat Pattinson heeltemal oortuigend die rol van Jacob vertolk.[68]

Hy het ook die rol vertolk van Georges Duroy in die 1885 roman Bel Ami. Die film is vrygestel by die 62ste Internasionale Fees in Berlyn. [69] Dit is vrygestel op 12 Februarie 2012.[70]

Pattinson het die rol vertol van die film verwerking van Don DeLillo se Cosmopolis, deur David Cronenberg.[71] Die film het meegeding vir die Palme d'Or toekenning by die 2012 Cannes Film Fees.[72][73] Al was die film goed ontvang, is Pattison in besonder geprys vir sy vertoning. The Telegraph het Pattinson se vetolking van die rol as sensasioneel beskryf.[74]

Aan die einde van 2013, het Pattinson verskyn in a swart en wit kortfilm met die model Camille Rowe as die nuwe gesig van Dior Homme Fragrances.[75][76]

Ander Projekte[wysig bron]

In Mei 2014 is twee van Pattinson se films vrygestel by 2014 Cannes Film Festival.[77] Pattinson het ook verskyn in David Michod se The Rover[78] saam met Guy Pearce en Scoot McNairy.[79][80]. Vir sy vertoking van 'n naïwe, eenvoudige lid van 'n kriminele bende, het Pattinson goeie tergvoer ontvang. Scott Foundas van Variety tydskrif het gesê dat Pattinson die film se grootste verrassing was, met 'n oortuigende aksent. Hy het verder bygevoeg dat die rol baie tot Pattinson se suksesvolle loopbaan bydra. [81] Todd McCarthy van The Hollywood Reporter noem dat Pattinson se vertolking van die rol, ten spyte van die tekortkominge van die karakter, meer interessant word soos die film vorder. [82]

Hy het vir 'n tweede keer verenig met Cronenberg in Maps to the Stars, 'n drama beskryf as a donker, komiese kyk na Hollywood oorvloed. [83][84] Die film het meegeding vir die Palme d'Or toekenning by die 2014 Cannes Film Fees.[85] In hierdie film het Pattinson die rol vertolk van Jerome Fontana, 'n limo bestuurder en sukkelende akteur, wat graag 'n suksesvolle draaiboekskrywer wil wees. [86] Pattinson het gunstinge resensies ontvang vir sy vertolking van die rol.

Pattinson het aangesluit by die span van Werner Herzog se weergawe van Gertrude Bell se film Queen of the Desert en sal die rol van TE Lawrence vertolk saam met Nicole Kidman en James Franco.[87][88][89] Hy sal ook verskyn in Anton Corbijn se Life wat handel oor die vriendskap tussen James Dean en Dennis Stock.[90][91][92][93]

Hy sal ook saam met Bérénice Bejo en Tim Roth verskyn in Brady Corbet se debuut film The Childhood of a Leader, wat in November 2014 'n aanvang sal neem. [94][95] Hy het ook aangesluit by Olivier Assayas se aksie riller Idol’s Eye saam met Robert De Niro.[96] In November 2014 sal hy ook verskyn in Benedict Cumberbatch se vertolking van die topverkoper The Lost City of Z met regisseur James Gray.[97][98] Hy sal ook teenoor Carey Mulligan verskyn in James Marsh se Hold On to Me.[99][100][101][102]

Musiek[wysig bron]

Pattinson speel die kitaar en klavier en skryf selfs sy eie musiek. [103] Hy het ook twee van die liedjies wat op die Twilight klankbaar verskyn, gesing : Never Think, wat hy saam met Sam Bradley geskryf het,[104] en Let Me Sign, wat geskryf is deur Marcus Foster en Bobby Long.[105]

Die liedjies is by die film ingesluit nadat die regisseur, Catherine Hardwicke, Pattinson se opnames vroeër in die rolprent gebruik het sonder sy medewete. Hy het egter ingestem dat die liedjies gebruik kan word omdat dit by die toneel 'pas'. "[2] Die klankbaan van die film How to Be bevat drie oorsponklike liedjies deur Pattinson [106] and written by composer Joe Hastings.[107]

Behalwe vir die liedjies, het Pattinson geen ander opnames gemaak nie. Toe hy uitgevra is oor die moontlikheid van 'n professionele sang loopbaan, het hy gesê dat musiek slegs daar is om op terug te val as sy loopbaan as akteur misluk.[2] In 2010, Pattinson het 'n toekenning ontvang as Hollywood's Most Influential Top Unexpected Musicians.[108]

In die Media[wysig bron]

Pattinson is aangewys as die "Sexiest Men Alive" in 2008 en 2009 deur die tydskrif People. [109][110] In 2009 is hy ook aagnewys as die "Sexiest Man Alive" deur Glamour tydskrif. [111] AskMen het Pattinson benoem as een van die top 49 mees invloedryke mans van 2009.[112] In 2009 het Vanity Fair Pattinson aangewys as een van die "aantreklikste mans in die wêreld", saam met Angelina Jolie, wat aangewys is as die mooiste vrou in die wêreld.[113] Pattinson was benoem as een van Vanity Fair se "Top Hollywood Earners of 2009" met 'n geskatte inkomste van om en by $18 miljoen in 2009.[6][114]

In Desember 2009 het Pattinson 'n getekende kitaar aan liefdadigheid geskenk. [115] Hy het ook as vrywilliger vir die Hope for Haiti Now: A Global Benefit for Earthquake Relief in Januarie 2010 gewerk.[116] GQ en Glamour het Pattinson benoem as die "Best Dressed Man" van 2010, met GQ wat gesê het, "Extremely elegant and inspiring, the true essence of a contemporary man."[117][118] In 2010, het People Pattinson geplaas in hulle "World's Most Beautiful" uitgawe.[119] In 2010 het Pattison 'n aanbod van $2 miljoen aanbod afgekeur vir 'n mode veldtog met Burberry.[120]

Britanje se The Sunday Times Rich List het hom gelys as 'n jong miljoener in die Verenigde Koningkryke, met 'n geraamde inkomste van £13 miljoen.[121] Time het hom benoem as een van 2010 se '100 Most Influential People in The World'.[9] In Junie 2010 is Pattinson benoem deur Forbes tydskrif as een van die top 50 akteurs in die wêreld met 'n verdienste van $17 miljoen.[10] 'n Wasbeeld van hom is by die Madame Tussauds reeks in Londen en New York gevoeg. [122] Op 14 November 2010 het Pattinson verskeie toekennings ontvang - twee van BBC Radio, 1 Teen Toekenning, Bes-Geklede en Beste Akteur. [123] In 2011 was Pattinson 15de in Vanity Fair se "Hollywood Top 40" met 'n inkomste van $27.5 million in 2010.[124] GQ het weer vir Pattinson benoem as "Best Dressed Man" in 2012.[125] In Oktober 2012 is Pattinson benoem as die "Sexiest Man Alive" deur Glamour UK.[126]

In 2013 was Pattinson 2de in Glamour se "Richest UK Celebs Under 30" met 'n verdienste van £45 miljoen.[127] Britanje se London Evening Standard het hom benoem as een van Londen se mees invloedryke mense van 2013 in hulle The Power 1000.[128] In Februarie 2014 het hy verskyn op die voorblad van World Film Locations: Toronto, 'n boek oor Toronto en films wat in die stad vervaardig is. [129] Op 19 Februarie 2014 het Timur Kryachko 'n Russiese astroloog 'n asteroide wat hy ontdek het, benoem na Pattinson as 246789 Pattinson.[130][131] 'n Toneelstuk oor drie volwasse vroue met 'n obsessie oor Pattinson met die titel, Totally devoted is vertoon by Surgeons' Hall in Edinburgh op 13 Augustus 2014.[132]

Liefdadigheidswerk[wysig bron]

Pattinson ondersteun en bevorder die ECPAT veldtog Stop Sex Trafficking of Children and Young People. [133][134][135] By die 2009 Cannes Film Fees het Pattinson vir die organisasie amfAR, The Foundation for AIDS Research $56,000 ingesamel. [136] In Junie 2010 het hy van sy eie kunswerk geskenk aan Parents and Abducted Children Together wat op eBay verkoop is. Die opbrengs het hy geskenk aan 'n organisasie wat werk met vermiste kinders. [137][138] Hy het ook 'n getekende skets met die titel Unfinished City geskenk, wat verkoop is vir $6,400.[139] Die opbrengs hiervan het gegaan aan 'n tehuis vir haweloses in Arizona - Ozanam Manor.[140]

In Januarie 2010 het Pattinson deelgeneem aan 'n liefdadigheidsprojek Hope for Haiti Now: A Global Benefit for Earthquake Relief.[141] In Maart 2010 het hy geld ingesamel vir Midnight Mission.[142] Hy het ook $80,000 ingesamel vir die GO Veldtog deur 'n meet and greet op die stel van die Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1 op te veil. Later het hy ook 'n privaat vertoning van The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1 opgeveil.[143] In Augustus 2011 het hy gehelp met 'n kanker bewusmakingsveldtog deur aandag te fokus op die The Cancer Bites campaign in sy toespraak by die 2011 Teen Choice Toekennings. [144][145]

In Augustus 2013 het Pattinson die Kinderhospitaal in Los Angeles besoek en deelgeneem aan kunsaktiwiteite met die pasiënte.[146][147] In September 2013 het hy by die Internasionale Mediese Korps aangesluit en een van hulle Gesertifiseerde Eerste Respondente geword.[148][149] Hy het deelgeneem aan 'n GO Veldtog Go Go Gala, en het 'n tjello gekoop wat gemaak is van herwinde materiaal vir $5,600 op 15 November 2013.[150][151] In Maart 2014 het hy getekende items vir 'n veilig geskenk om fondse in te samel vir die Prostaat Kanker Navorsings Vereniging.[152] In Mei 2014 het hy sy fiets geskenk aan 'n veiling om fondse in te samel vir die Royal Flying Doctor Service of Australia (RFDS). Die organisie verskaf primêre gesondheidsorg vir mense in afgeleë areas.[153]

Privaat Lewe[wysig bron]

Pattinson was romanties betrokke met Kristen Stewart wat saam met hom in die Twighlight reeks verskyn het. [154]. In Julie 2012 is fotos gepubliseer van Stewart en die regisseur van Snow White and the Huntsman, Rupert Sanders.[155] Die dag wat die foto's vrygestel is, het Stewart 'n amptelike verskoning uitgereik aan Pattinson, waarin sy omverskoning vra vir die pyn en vernedering wat sy veroorsaak het deur haar optrede. Deur dit het sy die belangrikste ding in her lewe in gedrang gebring het, naamlik Rob, die persoon vir wie sy lief is, en vir wie sy die meeste respek het. Sy het gesê dat sy lief is vir hom en dat sy verskriklik jammer is. [156]

Pattinson is volgens berigte huidiglik betrokke by FKA Twigs oftewel Tahliah Debrett Barnett. [157]

Filmografie[wysig bron]

Jaar Titel Rol Notas
2004 Vanity Fair Rawdy Crawley Die tonele verskyn slegs in die DVD uitgawe
Ring of the Nibelungs Giselher of Burgundy TV film
2005 Harry Potter and the Goblet of Fire Cedric Diggory
2006 The Haunted Airman Toby Jugg TV film
2007 The Bad Mother's Handbook Daniel Gale TV film
Harry Potter and the Order of the Phoenix Cedric Diggory
2008 How to Be Kuns
Twilight Edward Cullen
2009 Little Ashes Salvador Dalí
The Twilight Saga: New Moon Edward Cullen
2010 Remember Me Tyler Hawkins Ook Uitvoerende Vervaardiger
The Twilight Saga: Eclipse Edward Cullen
Love & Distrust Richard
2011 Water for Elephants Jacob Jankowski
The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 1 Edward Cullen
2012 Bel Ami Georges Duroy
Cosmopolis Eric Packer
The Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 2 Edward Cullen
2014 The Rover Reynolds
Maps to the Stars Jerome Fontana
Queen of the Desert T. E. Lawrence Na-Produksie
Life Dennis Stock Na-Produksie

Diskografie[wysig bron]

Klankbane[wysig bron]

Jaar Liedjie Klankbaam
2008 "Never Think" Twilight: Original Motion Picture Soundtrack
2008 "Let Me Sign" Twilight: Original Motion Picture Soundtrack
2009 "Chokin' on the Dust" (Part 1) How to Be : Original Motion Picture Soundtrack
2009 "Chokin' on the Dust" (Part 2) How to Be Soundtrack : Original Motion Picture Soundtrack
2009 "Doin' Fine" How to Be Soundtrack : Original Motion Picture Soundtrack

Verwysings[wysig bron]

  1. Getting to know the "Twilight" actors”. Newsday.com: 2008. URL besoek op 2008.
  2. 2,0 2,1 2,2 Gina McIntyre (9 October 2008). "Robert Pattinson on his 'Twilight' songs: 'Music is my backup plan if acting fails'". Los Angeles Times. Besoek op 1 February 2009. 
  3. Sona Charaipotra (14 November 2008). "A Night Out With Robert Pattinson". New York Times. Besoek op 11 February 2009. 
  4. Rebecca Murray (31 July 2008). “Robert Pattinson Discusses 'Twilight'”. About.com. URL besoek op 11 February 2009.
  5. Hillary Atkin (16 November 2008). “Exclusive Interview: Robert Pattinson”. Fandango. URL besoek op 11 February 2009.
  6. 6,0 6,1 Peter Newcomb (March 2010). “Peter Newcomb on the Top Hollywood Earners of 2009”. Vanity Fair. URL besoek op 10 July 2010.
  7. Dorothy Pomerantz. "Robert Pattinson". Forbes. Besoek op 10 March 2012. 
  8. Pomerantz, Dorothy (6 December 2011). "Hollywood's Best Actors for the Buck". Forbes. 
  9. 9,0 9,1 Chris Weitz (29 April 2010). "The 2010 Time 100: Robert Pattinson". Time. Besoek op 2 May 2010. 
  10. 10,0 10,1 "The Celebrity 100: No.50 Robert Pattinson". Forbes. 28 June 2010. 
  11. Tibbetts, Graham (2 December 2008). "Profile of Twilight star Robert Pattinson". The Daily Telegraph. UK. Besoek op 16 August 2009. 
  12. "Biography Today", p.136
  13. "Biography Today", p. 137
  14. Why Robert Pattinson's Modeling”. New York Magazine.
  15. Robert Pattinson-Hackett Campaign”. URL besoek op 26 February 2013.
  16. Robert Pattinson Announced As New Face of Dior Homme”. URL besoek op 12 June 2013.
  17. Dior Confirms Pattinson as New Face”. URL besoek op 12 June 2013.
  18. Robert Pattinson For Dior”. URL besoek op 12 June 2013.
  19. BEHIND THE SCENES: Robert Pattinson commercial for Dior Homme”. URL besoek op 25 August 2013.
  20. CONFIRMED: Robert Pattinson Is The New Face Of Dior Homme Fragrance”. URL besoek op 12 June 2013.
  21. Robert Pattinson Confirmed As New Face of Dior BY CHARLOTTE COWLES”. URL besoek op 12 June 2013.
  22. Robert Pattinson Is Living 1,000 Lives in Dior”. URL besoek op 18 February 2014.
  23. 1000 Lives [Paperback]”. URL besoek op 18 February 2014.
  24. The Curse of the Ring (Ring of the Nibelungs) (2004)”. URL besoek op 26 February 2013.
  25. Reese Witherspoon Gushes About Robert Pattinson”. URL besoek op 26 February 2013.
  26. "Robert Pattinson: Teen heartthrob Robert Pattinson is an English actor, model and musician best known for playing vampire Edward Cullen in Twilight". STV. 12 November 2009. Besoek op 4 December 2009. 
  27. Lisa Dillon (26 May 2005). "Almost famous". The Times. UK. Besoek op 2 October 2008. 
  28. http://www.standard.co.uk/goingout/film/potter-star-next-jude-law-7248599.html
  29. Teen People Names 'Artists of the Year' and 'What's Next'”. Starpulse: 2 November 2005. URL besoek op 2 October 2008.
  30. Review: The Haunted Airman/Dennis Wheatley: A Letter to Posterity”. URL besoek op 26 February 2013.
  31. The Haunted Airman – a very artsy film reviewed”. URL besoek op 26 February 2013.
  32. denniswheatley.info synopsis and information
  33. The Stage: Review”. URL besoek op 26 February 2013.
  34. The Bad Mother's Handbook”. URL besoek op 26 February 2013.
  35. The Bad Mother's Handbook – rounding off my Robert Pattinson phase”. URL besoek op 26 February 2013.
  36. Before the Spotlight, Twilight's Robert Pattinson Was Intimidated by "Perfect" Role”. TV Guide. 21 November 2008. URL besoek op 26 November 2008.
  37. Twilight”. Rotten Tomatoes. URL besoek op 21 April 2012.
  38. Reviews”. Rotten Tomatoes. URL besoek op 21 April 2012.
  39. Dargis, Manohla (20 November 2008). "Twilight Review". New York Times. Besoek op 21 April 2012. 
  40. "Twilight Movie Review". Roger Ebert. 19 November 2008. Besoek op 21 April 2012. 
  41. "The Twilight Saga: New Moon Box Office". Box Office Mojo. Besoek op 21 April 2012. 
  42. "Movie Review". Chicago Tribune. 19 November 2009. Besoek op 21 April 2012. 
  43. Adam Rosenberg (30 June 2009). “'The Twilight Saga: Eclipse' Shoot Dates Revealed!”. MTV. URL besoek op 7 October 2009.
  44. The Twilight Saga: Eclipse Box Office”. Box Office Mojo. URL besoek op 21 April 2012.
  45. Kirk Honeycutt (8 March 2010). “TWILIGHT SAGA ECLIPSE: Review in THE HOLLYWOOD REPORTER”. The Hollywood Reporter. URL besoek op 20 June 2013.
  46. Ian Nathan (22 March 2010). "The Twilight Saga: Eclipse When hairy met sullen". Besoek op 20 June 2013. 
  47. The Twilight Saga: Breaking Dawn Part 1 Box Office”. Box Office Mojo. URL besoek op 21 April 2012.
  48. Steve Weintraub (31 December 2012). “The Twilight Saga: Breaking Dawn Part 2 Gets Released November 16, 2012”. Collider.com''.
  49. boxofficemojo (31 December 2012). “The Twilight Saga: Breaking Dawn Part 2 box office”. boxofficemojo.com''.
  50. Robert Pattinson's 'How To Be'”. URL besoek op 26 February 2013.
  51. Movie Preview: Robert Pattinson in How To Be”. URL besoek op 26 February 2013.
  52. Slamdance Film Festival 2008 Winners”. URL besoek op 26 February 2013.
  53. How to be”. URL besoek op 26 February 2013.
  54. LITTLE ASHES MOVIE WITH ROBERT PATTINSON AS DALI”. URL besoek op 26 February 2013.
  55. Robert Pattinson's Short Film 'The Summer House': Director Daisy Gili Dishes!”. URL besoek op 26 February 2013.
  56. Poster for LOVE & DISTRUST "Starring" Robert Pattinson, Robert Downey Jr., and Sam Worthington”. URL besoek op 26 February 2013.
  57. LOVE & DISTRUST”. URL besoek op 26 February 2013.
  58. Josh Horowitz (17 February 2009). “Report: Robert Pattinson To Present At Academy Awards”. MTV. URL besoek op 9 August 2009.
  59. Ditzian, Eric (6 October 2009). “Robert Pattinson's Life Is Subject Of 'Robsessed' Documentary”. MTV. URL besoek op 9 November 2009.
  60. Robert Pattinson's REMEMBER ME Crosses $50 Million Mark Worldwide”. URL besoek op 26 February 2013.
  61. Jake Coyle (10 March 2010). "Review: Pattinson still brooding in `Remember Me'". Besoek op 26 February 2013. 
  62. Ian Nathan (22 March 2010). "Review: Remember Me". Besoek op 26 February 2013. 
  63. Kirk Honeycutt (8 March 2010). “Remember Me – Film Review”. The Hollywood Reporter. URL besoek op 8 March 2010.
  64. Pamela McClintock (21 January 2010). "Penn, Pattinson circle 'Water'". Variety. Besoek op 23 January 2010. 
  65. "Water For Elephants Review". Time. 21 April 2011. Besoek op 21 April 2012. 
  66. Lasalle, Mick (21 April 2011). "Water For Elephants Review". San Francisco Chronicle. Besoek op 22 April 2012. 
  67. Water For Elephants Review”. Rolling Stone. URL besoek op 21 April 2012.
  68. McCarthy, Todd. "Water For Elephants Review". Hollywood Reporter. Besoek op 21 April 2012. 
  69. 18 World Premieres in the Competition”. berlinale.de. 20 January 2012. URL besoek op 20 January 2012.
  70. Christina Ricci Joins Robert Pattinson in BEL AMI”. Collider: 8 January 2010. URL besoek op 11 January 2010.
  71. Cosmopolis”. Moviesblog. URL besoek op 21 April 2012.
  72. 2012 Official Selection”. Cannes. URL besoek op 19 April 2012.
  73. Cannes Film Festival 2012 line-up announced”. timeout. URL besoek op 19 April 2012.
  74. Collin, Robbie (26 May 2012). [1]. The Telegraph. Retrieved 29 May 2012.
  75. WATCH: Robert Pattinson For 'Dior Homme' (Full Commercial)”. out.com. URL besoek op 29 January 2014.
  76. Robert Pattinson Steals Our Hearts For Dior Homme – Fashion Films”. fashiontv.com. URL besoek op 29 January 2014.
  77. Rob Pattinson Stars in Two Cannes Entries: 'Map to the Stars' and 'The Rover' (NEW TRAILER, POSTERS)”. URL besoek op April 18, 2014.
  78. "Robert Pattinson To Star In 'The Rover'". Deadline (3 May 2012). Besoek op 4 August 2014. 
  79. ‘The Rover’ Teaser Trailer – Robert Pattinson and Guy Pearce Trek Across the Australian Outback”. thefilmstage. URL besoek op 1 March 2014.
  80. 'The Rover:' Robert Pattinson FINALLY Wraps Filming in Australia! [PHOTOS]”. au.ibtimes.com. URL besoek op 4 June 2013.
  81. "Cannes Film Review: 'The Rover'". Besoek op May 19, 2014. 
  82. "The Rover: Cannes Review". Besoek op May 19, 2014. 
  83. David Cronenberg's 'Maps to the Stars' Finds Julianne Moore, John Cusack & EOne”. URL besoek op 4 June 2013.
  84. Julianne Moore, John Cusack & Sarah Gadon Join Robert Pattinson in David Cronenberg's 'Map to the Stars'”. URL besoek op 4 June 2013.
  85. 'The Search' And New Jean-Luc Godard Lead Cannes 2014 Line-Up”. URL besoek op April 17, 2014.
  86. Maps to the Stars Production Notes”. URL besoek op April 25, 2014.
  87. 'Homeland's Damian Lewis To Star With Nicole Kidman In 'Queen of the Desert'”. deadline.com. URL besoek op 14 August 2013.
  88. Kit, Borys (14 August 2012). "Robert Pattinson Joining Naomi Watts in 'Queen of the Desert'". Hollywood Reporter.com. Besoek op 14 August 2012. 
  89. "Robert Pattinson attached to Herzog's 'Queen'". Variety.com. Besoek op 14 August 2012. 
  90. Kit, Borys (5 September 2013). "Toronto: Robert Pattinson, Dane DeHaan to Star in 'Life'". Hollywood Reporter.com. Besoek op 6 September 2013. 
  91. Pattinson, DeHaan join Life”. Deadline.com. URL besoek op 6 September 2013.
  92. #TORONTOBOUND: ROBERT PATTINSON & DANE DEHAAN DUE IN TORONTO FEBRUARY FOR "LIFE"”. mrwillwong.com. URL besoek op 29 January 2014.
  93. Robert Pattinson will return to Toronto to begin filming ‘Life’ next month”. onlocationvacations.com. URL besoek op 29 January 2014.
  94. Berenice Bejo Joins Robert Pattinson Drama ‘The Childhood of a Leader’ (EXCLUSIVE)”. Variety. URL besoek op 29 January 2014.
  95. "Robert Pattinson to Co-Star in 'The Childhood of a Leader' (EXCLUSIVE)". variety. Besoek op 29 January 2014. 
  96. "Robert De Niro Joins Robert Pattinson In Olivier Assayas' Crime Pic 'Idol's Eye'". deadline. Besoek op 28 May 2014. 
  97. Robert Pattinson Joins James Gray's 'Lost City of Z' With Benedict Cumberbatch”. blogs.indiewire.com. URL besoek op 14 November 2013.
  98. Robert Pattinson Headed for the Lost City of Z”. empireonline.com. URL besoek op 14 November 2013.
  99. Post-’Twilight Saga’, Robert Pattinson Takes Showy Role In ‘Hold On To Me’”. deadline. URL besoek op 29 March 2014.
  100. Robert Pattinson will return to Toronto to begin filming ‘Life’ next month”. Collider. URL besoek op 29 March 2014.
  101. Fox, Ridley Scott Pick Up Brad Ingelsby Spec ‘A Better Place’”. deadline. URL besoek op 29 March 2014.
  102. PREVIEW – PRODUCTION WEEKLY – ISSUE 892 – THURSDAY, APRIL 3, 2014”. productionweekly. URL besoek op 29 March 2014.
  103. Robert Pattinson: 'I might make an album'”. URL besoek op 26 February 2013.
  104. Sam Bradley Interview”. Portrait Magazine: December 2008. URL besoek op 30 January 2009.
  105. Becky Reed. “Twilight Star Talks Soundtrack”. Click Music. URL besoek op 30 January 2009.
  106. Robert Pattinson Sings Three Songs in Indie Flick How to Be”. Us Magazine: 11 March 2009. URL besoek op 31 March 2009.
  107. Songs composed by Joe Hastings in Indie Flick How to Be”. How to Be: 9 March 2009. URL besoek op 31 March 2009.
  108. Robert Pattinson Awarded Musical Honour”. MTV: 7 May 2010. URL besoek op 6 June 2014.
  109. 2008's Sexiest Man Alive”. People. URL besoek op 27 August 2009.
  110. 2009's Sexiest Man Alive”. People. URL besoek op 21 November 2009.
  111. Sexiest Men Alive No. 1”. Glamour. 5 August 2009. URL besoek op 5 August 2009.
  112. Top 49 Most Influential Men”. AskMen.
  113. Robert Pattinson the Most Handsome Man in the World”. Vanity Fair.
  114. "Johnny Depp is highest paid actor with £21m deal for next Pirates film". The Daily Telegraph. London. 17 November 2009. Besoek op 2 May 2010. 
  115. Perez strikes bad chord with Robert Pattinson guitar story”. Gossip Cop. Gossip Cop: 18 March 2010. URL besoek op 18 March 2010.
  116. Anderson, Kyle (22 January 2010). “Hope For Haiti Now: A Global Benefit For Earthquake Relief”. MTV News. URL besoek op 23 January 2010.
  117. Robert Pattinson named GQ's Best-Dressed Man”. Glamour. February 2013.
  118. Robert Pattinson And Cheryl Cole Are Named The Best Dressed of 2010”. Entertainment Wise. Giant Digital: 6 April 2010. URL besoek op 2 May 2010.
  119. Post to: (28 April 2010). “World's Most Beautiful”. People. URL besoek op 22 August 2010.
  120. http://www.marieclaire.co.uk/news/celebrity/505887/robert-pattinson-turns-down-1m-burberry-modelling-deal.html
  121. Rich List 2010: Mittal doubles to £22bn, total up 30% to £333.5bn”. Spear's Wealth Management Survey. URL besoek op 2 May 2010.
  122. Robert Pattinson to join Madame Tussauds”. MadameTussauds.com. URL besoek op 2 May 2010.
  123. Radio 1's Teen Awards winners announced”. BBC: 15 November 2010. URL besoek op 15 March 2011.
  124. Newcomb, Peter (March 2011). “Hollywood's Top 40”. Vanity Fair. URL besoek op 15 March 2011.
  125. Robert Pattinson: GQ Best Dressed Man 2012”. GQ. URL besoek op 6 March 2012.
  126. Maria Vultaggio (1 October 2012). “Robert Pattinson is named 'Sexiest Man Alive,' beating out other potential Christian Grey favorites”. International Business Times. URL besoek op 14 October 2012.
  127. Richest UK Celebs Under 30”. Glamour UK. URL besoek op 26 June 2013.
  128. The Power 1000 – London's most influential people 2013: Imagineers, Film”. London Evening Standard. URL besoek op 23 October 2013.
  129. World Film Locations: Toronto”. press.uchicago. URL besoek op 18 February 2014.
  130. Russian Astronomer Names Asteroid After 'Twilight' Actor”. en.ria.ru. URL besoek op 20 February 2014.
  131. Russia astronomer names asteroid after "Twilight Saga" vampire Pattinson”. Voice of Russia. URL besoek op 20 February 2014.
  132. totally devoted”. skiddle. URL besoek op 13 August 2014.
  133. Stars across the globe raise their hands to stop child trafficking”. URL besoek op 30 December 2013.
  134. Stop Sex Trafficking Campaign”. URL besoek op 30 December 2013.
  135. Robert Pattinson And Others Raise Their Hands For Charity”. URL besoek op 30 December 2013.
  136. Pucker up for a pricey Robert Pattinson kiss”. URL besoek op 30 December 2013.
  137. BID NOW in PACT's celebrity art auction!”. URL besoek op 30 December 2013.
  138. Robert Pattinson's Balloon Design Goes Under The Hammer For Charity”. URL besoek op 30 December 2013.
  139. 'Unfinished City'”. URL besoek op 30 December 2013.
  140. Robert Pattinson, A Pencil, A Sketch And The Homeless: Raising Arizona”. URL besoek op 30 December 2013.
  141. Robert Pattinson Speaks At 'Hope For Haiti Now' Telethon: Use Technology To Help Haiti Crisis”. URL besoek op 30 December 2013.
  142. ROBERT PATTINSON AUCTIONS OFF SIGNED GUITAR FOR HOMELESS CHARITY”. URL besoek op 30 December 2013.
  143. Schillaci, Sophie (24 October 2011). "'Twilight's' Robert Pattinson Charity Donation to Help Educate Teen Girls in Cambodia". The Hollywood Reporter. Besoek op 30 December 2013. 
  144. Robert Pattinson: Cancer Bites”. URL besoek op 30 December 2013.
  145. "Robert Pattinson Announces Blood Cancer Campaign At Teen Choice Awards". Huffington Post. 8 August 2011. Besoek op 30 December 2013. 
  146. Robert Pattinson Does Arts and Crafts with Kids”. URL besoek op 30 December 2013.
  147. Robert Pattinson Visits Children's Hospital, Does Arts and Crafts With the Kids”. URL besoek op 30 December 2013.
  148. International Medical Corps & Global Ambassador Sienna Miller Launch "First Responders" CGI Commitment to Help Communities in Humanitarian Disasters”. URL besoek op 30 December 2013.
  149. International Medical Corps & Global Ambassador Sienna Miller Launch "First Responders" CGI Commitment to Help Communities in Humanitarian Disasters”. URL besoek op 30 December 2013.
  150. "Robert Pattinson Toasted, Bids $5,600 on Recycled Cello at GO GO Gala". Variety. Besoek op 30 December 2013. 
  151. Olivier, Ellen (15 November 2013). "Robert Pattinson, Adam Shankman, Beth Behrs pitch in at Go Go Gala". Los Angeles Times. Besoek op 30 December 2013. 
  152. Run the London Marathon with Marysol”. URL besoek op 27 February 2014.
  153. Hollywood star's gift”. URL besoek op 24 May 2014.
  154. Duncan, Amy. “Spotted! Robert Pattinson and Kristen Stewart spark fresh dating rumours”. Metro. URL besoek op March 9, 2012.
  155. Calautti, Katie (July 25, 2012). "Kristen Stewart's Cheating Apology: PR Insider Weighs In". Huffington Post. Besoek op July 26, 2012. 
  156. Jordan, Julie; Schwartz, Alison." Kristen Stewart's Apology to Robert Pattinson for Cheating, People, July 25, 2012. Accessed June 13, 2014.
  157. http://www.usmagazine.com/celebrity-news/news/robert-pattinson-dating-english-singer-fka-twigs-201429