Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/November
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsNovember
1 November: Allerheilige (Rooms-Katolieke Kerk); Samhain en Beltane in onderskeidelik die Noordelike en Suidelike Halfrond (Keltiese mitologie); Rajyotsava (Stigtingsdag) in Karnataka, Indië (1956); Onafhanklikheidsdag in Antigua en Barbuda (1981).
- 1521 – Die Straat van Magellaan, wat die Stille en die Atlantiese Oseaan met mekaar verbind, word vir die eerste keer deur Ferdinand Magellaan deurvaar.
- 1755 – Lissabon word vernietig deur 'n aardbewing en tsoenami, met tussen 60 000 en 90 000 sterfgevalle tot gevolg.
- 1903 – Oorlede: Theodor Mommsen, 'n Duitse geskiedkundige en leraar in die klassieke werke.
- 1951 – 'n Gewysigde weergawe van die NAVO-spelalfabet word in werking gestel.
- 1981 – Antigua en Barbuda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
2 November: Allersiele (Rooms-Katolieke Kerk).
- 1665 – Maria van Riebeeck (née de la Quellerie), Jan van Riebeeck se vrou, sterf op 35-jarige ouderdom in Malakka.
- 1861 – Gebore: Prins Georgi Lwof, die eerste eerste minister van Rusland ná die era van die tsaars.
- 1889 – Noord- en Suid-Dakota word die 39ste en 40ste deelstate van die Verenigde State.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: die begin van 'n 118 dae lange beleg van Ladysmith deur magte van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje-Vrystaat.
- 1930 – Haile Selassie word as keiser van Ethiopië gekroon.
- 1947 – Howard Hughes vlieg die Spruce Goose, die grootste vliegboot ooit, op sy nooiensvlug in Long Beach, Kalifornië.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
3 November: Kultuurdag in Japan; Onafhanklikheidsdag in Panama (1903), Dominica (1978) en Gefedereerde State van Mikronesië (1986).
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog: Oostenryk-Hongarye sluit 'n wapenstilstand met die Geallieerdes.
- 1957 - Die ruimtetuig Spoetnik 2 word met Laika, die Russiese ruimte-hond, gelanseer. Laika word die eerste lewende wese in 'n wentelbaan om die aarde.
- 1964 – Gebore: wyle Brenda Fassie, 'n gewilde Suid-Afrikaanse sangeres.
- 1992 – Bill Clinton verslaan die ampsbekleër George H.W. Bush en word die nuwe president van die Verenigde State.
- 1996 – Oorlede: Jean-Bédel Bokassa, president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1576 – Tagtigjarige oorlog: Spanje verower die stad Antwerpen in België.
- 1795 – Die Colonie van Swellendam aanvaar Britse heerskappy onmiddellik ná die Britse besetting van die Kaap.
- 1918 – Eerste Wêreldoorlog: Oostenryk-Hongarye gee aan Italië oor.
- 1956 – Sowjet-troepe val Hongarye in om die Hongaarse Opstand te onderdruk met duisende sterfgevalle tot gevolg.
- 1968 – Die derde Paralimpiese Spele word in Tel Aviv, Israel, geopen.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
5 November: Guy Fawkes-nag in die Verenigde Koninkryk en sekere Statebondlande (1605).
- 1688 – Die Protestantse prins Willem van Oranje land by Brixham in Devon, onderweg om sy skoonvader koning Jakobus II, die laaste Katolieke monarg van Engeland, af te sit.
- 1837 – Piet Retief lê sy eerste besoek aan Dingaan af by uMgungundlovu.
- 1935 – Die bordspel Monopoly word bekendgestel.
- 1945 – Gebore: Koos Kombuis, Afrikaanse musikant en skrywer.
- 2006 – Die voormalige Irakse diktator Saddam Hoesein word ter dood veroordeel nadat hy skuldig bevind is aan misdade teen die mensdom.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
6 November: Grondwetdag in Tadjikistan (1994); Gustav II Adolf-dag in Estland, Finland en Swede (1632).
- 1494 – Gebore: Suleiman die Manjifieke, sultan van die Ottomaanse Ryk van 1520 tot 1566.
- 1831 – Koning Childeric I (c. 437– c. 481) se skat word uit die Nasionale Franse Biblioteek gesteel.
- 1893 – Oorlede: Pjotr Tsjaikofski, Russiese komponis.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Generaal de Wet word by Bothaville verslaan, maar slaag daarin om saam met president Steyn te ontsnap.
- 1962 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies neem Resolusie 1761 aan wat Suid-Afrika se apartheidsbeleid veroordeel.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1867 – Gebore: Marie Curie, Pools-Franse chemikus, fisikus en pionier op die gebied van radio-aktiwiteit.
- 1869 – Oorlede: Ds. Gottlieb Wilhelm Anthonie van der Lingen, stigter van die Paarlse Gimnasium, in die Paarl.
- 1917 – Die Bolsjewiste-leier Wladimir Lenin lei 'n staatsgreep teen die Russiese tussentydse regering van Aleksander Kerenski wat lei tot die Oktober-rewolusie.
- 1962 – In Suid-Afrika word Nelson Mandela skuldig bevind aan "aanhitsing" en hy verlaat die land sonder geldige reisdokumente.
- 1996 – Nasa lanseer die Mars Global Surveyor.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1519 – Hernán Cortés bereik Tenochtitlan, waar die Asteekse heerser Moctezuma II hom met prag en praal ontvang, soos wat betaamlik sou wees vir 'n terugkerende god.
- 1679 – Op pad na die hedendaagse Somerset-Wes, oornag Simon van der Stel aan die oewers van die Eersterivier, waar hy later Stellenbosch sou stig.
- 1793 – Die Franse Rewolusionêre regering open die Louvre (in Parys) as 'n openbare museum.
- 1848 – Gebore: Gottlob Frege, 'n Duitse wiskundige, logikus en filosoof.
- 1923 – Adolf Hitler en ander lede van die Kampfbund begin die Biersaalputsch in 'n poging om beheer oor te neem in Duitsland.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
9 November: Onafhanklikheidsdag in Kambodja (1953)
- 1918 – Novemberrewolusie: Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar.
- 1938 – Die begin van Kristallnacht, die eerste grootskaalse voorval van fisieke anti-Joodse geweld in Nazi-Duitsland.
- 1989 – Die val van die Berlynse Muur.
- 1999 – Oorlede: Dricky Beukes, Afrikaanse skryfster van romans, kortverhale en radiovervolgverhale.
- 2005 – Prins Albert II onderteken 'n nuwe staatsverdrag met Frankryk waardeur Monaco se outonomie vergroot word.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1871 – Henry Morton Stanley groet die vermiste ontdekkingsreisiger David Livingstone in Oedjidji met die beroemde woorde: Dr. Livingstone, I presume?
- 1919 – Die Kaapse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aanvaar 'n voorstel vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
- 1928 – Hirohito word gekroon as 124ste keiser van Japan.
- 1945 – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se eerste internasionale vlug vind plaas tussen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk.
- 1959 – Gebore: Marthinus van Schalkwyk, Suid-Afrikaanse politikus.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
11 November: Sint-Maartenfees (Rooms-Katolieke Kerk); Wapenstilstandsdag; Gedenkdag in die Statebond; Veteranedag in die Verenigde State; Onafhanklikheidsdag in Angola (1975) en Pole (1918).
- 1799 – Ná die Franse Rewolusie word Napoleon Bonaparte eerste konsul van die Franse Republiek.
- 1918 – Die Eerste Wêreldoorlog word beëindig: Die Duitse Keiserryk onderteken 'n vredesooreenkoms met die Geallieerdes in 'n treinwa buite Compiègne in Frankryk.
- 1930 – 'n Patent word toegeken aan Albert Einstein en Leó Szilárd vir hulle uitvinding die Einstein-yskas.
- 1965 – Ian Smith, eerste minister van die Britse kroonkolonie Suid-Rhodesië, vaardig 'n eensydige onafhankliheidsverklaring uit.
- 1975 – Angola verkry onafhanklikheid van Portugal ná byna 500 jaar van koloniale heerskappy.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
12 November: Geboortedag van Baha'u'llah (Baha’i)
- 1929 – Gebore: Grace Kelly, Amerikaanse aktrise en prinses van Monaco.
- 1984 – Marokko bedank uit die Organisasie vir Afrika-eenheid as gevolg van die Wes-Sahara-konflik.
- 2001 – Taliban-magte verlaat Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, voor naderende troepe van die Noordelike Alliansie.
- 1990 – Akihito word gekroon as 125ste keiser van Japan.
- 2005 – Die Belgiese nasionale rugbyspan behaal sy grootste oorwinning ooit, met 'n telling van 108-0 teen Switserland.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 858 – Oorlede: Pous Nicolaas I, 105de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1805 – Napoleon se leër neem Wene in.
- 1959 – Jan Steytler word partyleier van die nuutgestigde Progressiewe Party.
- 1964 – De Villiers Lamprecht word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl hardloop.
- 1970 – 'n Tropiese sikloon van oor die 160 km/h tref die digbevolkte Gangesdelta-gebied van die huidige Bangladesj, met na raming 500 000 sterftes tot gevolg.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Coventry word swaar gebombardeer tydens 'n aanval deur 500 bomwerpers van die Luftwaffe.
- 1954 – Gebore: Condoleezza Rice, die 66ste minister van buitelandse sake van die Verenigde State.
- 1971 – Mariner 9 bereik Mars en word die eerste ruimtetuig wat rondom 'n ander planeet wentel.
- 1989 – Sam Nujoma word president van Namibië nadat Swapo 'n meerderheid van 57% behaal in die eerste volledig demokratiese verkiesing in die land.
- 1990 – Die Bondsrepubliek van Duitsland wysig sy grondwet om die Poolse grens by die Oder-Neisse-lyn te bevestig.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
15 November: Republiekdag in Brasilië (1889); Shichigosan in Japan.
- 1899 – Winston Churchill word tydens die Tweede Vryheidsoorlog by Chieveley in Natal deur boeremagte gevange geneem.
- 1920 – Die eerste algemene vergadering van die Volkebond word in Genève, Switserland, gehou.
- 1971 – Intel reik die wêreld se eerste mikroverwerker, die 4004, uit.
- 1988 – Die PLO verklaar in Algiers die onafhanklikheid van die Staat Palestina met Jerusalem as hoofstad.
- 2002 – Hu Jintao word algemene sekretaris van die Kommunistiese Party van China.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1855 – Op inisiatief van Marthinus Wessel Pretorius word die dorp Pretoria amptelik gestig.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Britse lugmag bombardeer Hamburg uit vergelding vir die Duitse aanvalle op Coventry.
- 1945 – Stigting van die UNESCO deur 37 lande in Londen.
- 1959 – Tydens die eerste toets van die Excelsior-projek spring Joseph Kittinger op 'n hoogte van 23 300 m uit 'n gondel.
- 2002 – Die eerste uitbraak van ernstige akute respiratoriese sindroom (Engels: SARS) in die Guangdong-provinsie van China.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
17 November: Die meteorereën van die Leoniede bereik 'n hoogtepunt.
- 1558 – Elizabeth I bestyg die Engelse troon.
- 1869 – Die Suezkanaal, wat die Middellandse See met die Rooisee verbind, word met 'n luisterryke seremonie ingewy.
- 1952 – Die ANC-politikus en sakeman Cyril Ramaphosa word in Soweto, Johannesburg, gebore.
- 1969 – Die SALT I-samesprekings tussen die Sowjetunie en die Verenigde State begin in Helsinki.
- 2012 – Oorlede: Ian Kirkpatrick, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en -afrigter.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
18 November: Onafhanklikheidsdag in Letland (1918), Nasionale Dag in Oman (1940).
- 1307 – Volgens oorlewering skiet Wilhelm Tell, 'n legendariese boogskutter in Switserland, 'n appel met 'n enkele pyl van sy kruisboog van sy seun se kop af.
- 1901 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Britse regering publiseer 'n witskrif wat die noodsaak van konsentrasiekampe in Suid-Afrika uiteensit.
- 1905 – Prins Karel van Denemarke word Haakon VII, die eerste koning van Noorweë, nadat die persoonlike unie van Swede-Noorweë ontbind is.
- 1918 – Letland word onafhanklik van Rusland.
- 1991 – Kroatiese Onafhanklikheidsoorlog: Ná 'n beleg van 87 dae verower Joego-Slawiese magte die Kroatiese stad Vukovar.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
19 November: Internasionale Mansdag; Wêreldtoiletdag; Bevrydingsdag in Mali (1968).
- 1493 – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat op Puerto Rico, 'n eiland wat hy San Juan Bautista noem, land.
- 1846 – Lucas Johannes Meyer, president van die kortstondige Nieuwe Republiek en Boeregeneraal in die Tweede Vryheidsoorlog, word gebore.
- 1917 – Indira Gandhi, eertydse Eerste Minister van Indië, word in Allahabad gebore.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Sowjetmagte onder generaal Georgi Zjoekof begin Operasie Uranus – die omsingeling by die Slag van Stalingrad – wat 'n ommekeer bring aan die verloop van die slag ten gunste van die Sowjetunie.
- 1977 – Die Egiptiese president Anwar Sadat word die eerste Arabiese leier wat 'n amptelike besoek aan Israel aflê.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
20 November: Nasionale Soewereiniteitsdag in Argentinië (1845); Herdenking van die Meksikaanse Rewolusie (1910); Zumbi-dag (1978).
- 1700 – Tydens die Slag van Narva verslaan koning Karl XII van Swede die leër van tsaar Pieter die Grote.
- 1917 – Die Slag van Cambrai, die eerste pantsergeveg van die Eerste Wêreldoorlog, begin by Cambrai in die département Nord in die noorde van Frankryk.
- 1947 – Prinses Elizabeth, dogter van koning George VI van die Verenigde Koninkryk, tree in die huwelik met luitenant Philip Mountbatten.
- 1975 – Oorlede: Spaanse diktator Francisco Franco op 77-jarige ouderdom, nadat hy Spanje vir 39 jaar regeer het.
- 1999 – Die Volksrepubliek China lanseer sy eerste Shenzhou-ruimtetuig.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1789 – Noord-Carolina word die 12de deelstaat van die Verenigde State.
- 1877 – Thomas Edison kondig sy uitvinding van die fonograaf aan.
- 1957 – Sir De Villiers Graaff word in Suid-Afrika verkies tot leier van die Verenigde Party (VP).
- 1985 – Apartheid: Dertien mense sterf in Mamelodi naby Pretoria toe die polisie gasgranate uit 'n helikopter laat val en op die skare vuur wat teen verhoogde huur betoog.
- 2002 – Navo nooi Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië om lede te word.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
22 November: Alfabetdag in Albanië, Kosovo en Noord-Masedonië (1908).
- 1307 – Pous Clemens V laat alle Tempeliers in Europa arresteer.
- 1718 – Die Engelse seerower Edward Teach (beter bekend as Blackbeard) sterf aan die kus van Noord-Carolina in 'n seeslag met die Britse skip HMS Pearl.
- 1963 – In Dallas, Texas, sterf John F. Kennedy in 'n sluipmoordaanval en word Lyndon B. Johnson ingehuldig as die 36ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 1975 – Juan Carlos word koning van Spanje ná die afsterwe van Francisco Franco.
- 1986 – Mike Tyson word die jongste wêreld-swaargewigbokskampioen.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1644 – Areopagitica, 'n toespraak aan die Engelse parlement teen sensuur, word deur John Milton gelewer.
- 1869 – In Dumbarton in Skotland word die skip Cutty Sark te water gelaat.
- 1890 – Koning Willem III van Nederland sterf sonder 'n manlike opvolger en 'n spesiale wet word aangeneem om sy dogter prinses Wilhelmina in staat te stel om koningin te word.
- 1971 – Die Volksrepubliek China word 'n permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad.
- 1988 – Suid-Afrika se president P.W. Botha begenadig die "Sharpeville-ses" wat tot dood veroordeel is vir hulle beweerde aandeel in die dood van die onderburgemeester van Sharpeville, Kuzwayo Jacob Dlamini, in September 1984.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1642 – Abel Tasman lei die eerste Europese ontdekkingstog om Tasmanië te bereik.
- 1859 – The Origin of Species deur die Britse natuurnavorser Charles Darwin word vir die eerste keer gepubliseer. Die eerste druk verkoop onmiddellik uit.
- 1904 – Die eerste suksesvolle kruiptrekkerspoor word gemaak.
- 1951 – Vrystaatse Goudveld: Die eerste goudstaaf word in Welkom in die Vrystaat gegiet.
- 1963 – Die vermeende sluipmoordenaar Lee Harvey Oswald word nootlottig gewond toe Jack Ruby hom in Dallas, Texas, op 'n regstreekse televisieuitsending skiet.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
25 November: Onafhanklikheidsdag in Suriname (1975)
- 1034 – Malcolm II van Skotland sterf. Duncan, die seun van sy tweede dogter, in plaas van Macbeth, die seun van sy oudste dogter, volg hom op.
- 1974 – Dr. Christiaan Barnard voer die wêreld se eerste dubbele hartoorplanting uit in Kaapstad se Groote Schuur-hospitaal.
- 1975 – Suriname word van Nederland onafhanklik.
- 1984 – Band Aid: 36 gewilde popmusikante uit Brittanje en Ierland kom by 'n ateljee in Notting Hill bymekaar om die liedjie Do They Know It's Christmas op te neem vir 'n geldinsameling ter verligting van hongersnood in Ethiopië.
- 1992 – Fluweelegskeiding: Wetgewers in Tsjeggo-Slowakye stem om hulle land in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye te verdeel met ingang 1 Januarie 1993.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
26 November: Grondwetdag in Indië (1949).
- 1778 – Op die Hawaise Eilande word kaptein James Cook die eerste Europeër wat Maui ontdek.
- 1855 – Oorlede: Adam Mickiewicz, Pools-Litause digter.
- 1922 – Howard Carter en lord Carnarvon word die eerste mense in meer as 3 000 jaar wat die graf van die Egiptiese farao Toetankamen betree.
- 1950 – Slag van Chosindam: Chinese magte gaan Noord-Korea binne en begin 'n massiewe teenaanval teen Suid-Koreaanse en Amerikaanse Gewapende Magte wat 'n einde bring aan alle hoop op 'n spoedige einde aan die Korea-oorlog.
- 1975 – Die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach word in die Pretoriase Hooggeregshof gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf nadat hy skuld beken het op aanklagte dat hy 'n nuwe organisasie wou begin wat bedoel was om die blanke vleuel van die African National Congress te wees.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1095 – By die Konsilie van Clermont doen pous Urbanus II 'n beroep vir die eerste kruistog.
- 1887 – Gebore: Dr. Colin Steyn, Suid-Afrikaanse regsgeleerde, kabinetsminister en laaste Vrystaatse Volksraadslid van die Verenigde Party.
- 1978 – San Francisco se burgemeester George Moscone en die openlike gay stadsraadslid Harvey Milk sterf in 'n sluipmoordaanval deur die stadsraadslid Dan White.
- 1990 – Die Britse Konserwatiewe Party kies John Major as nuwe leier, hy volg daarmee Margaret Thatcher op as eerste minister van die Verenigde Koninkryk.
- 2001 – 'n Planeet met 'n waterstofatmosfeer word deur die Hubble-ruimteteleskoop op die eksoplaneet Osiris ontdek.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
28 November: Onafhanklikheidsdag in Albanië.
- 1660 – Ná 'n lesing deur Christopher Wren, stig 12 mans die Royal Society, tans die oudste wetenskaplike akademie ter wêreld.
- 1899 – Die Slag van die Twee Riviere, waar lord Methuen aan Britse kant die bevel voer, vind plaas.
- 1905 – Die Ierse nasionalis Arthur Griffith stig Sinn Féin as 'n politieke party, met die doelwit om onafhanklikheid vir die hele Ierland te verkry.
- 1912 – Albanië verklaar sy onafhanklikheid van die Ottomaanse Ryk.
- 1943 – Die begin van die Teheran-konferensie tussen Franklin D. Roosevelt, Winston Churchill en Josef Stalin.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
29 November: Bevrydingsdag in Albanië (1944).
- 1920 – Die Rooi Leër val Jerewan, Armenië, binne.
- 1929 – Admiraal Richard Byrd en twee passasiers voltooi die eerste vlug oor die Suidpool.
- 1932 – Gebore: die voormalige Franse president Jacques Chirac.
- 1947 – Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering stem ten gunste van die verdeling van die Britse mandaat van Palestina tussen Arabiere en Jode.
- 2012 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies stem met 'n groot meerderheid vir die opname van Palestina as waarnemer.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
30 November: Onafhanklikheidsdag in Barbados (1966), Sint Andreasdag in Skotland.
- 1016 – Oorlede: koning Edmund II van Engeland, ook bekend as "Edmund Ysterkant", nadat hy 'n Deense inval afgeweer het.
- 1874 – Gebore: Winston Churchill, Britse politikus, veral bekend as eerste minister van die Verenigde Koninkryk tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1939 – Sowjet-magte val Finland aan, wat die begin van die Winteroorlog inlui.
- 1954 – Adv. J.G. Strijdom begin sy termyn as vyfde Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika.
- 1979 – Die rockgroep Pink Floyd reik die treffer-rockopera The Wall uit.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis