Wikipedia:Voorbladartikel week 24 2008

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krugermonument.jpg

Die Krugerstandbeeld is 'n standbeeld op die middelpunt van Kerkplein, Pretoria, ter ere van die oud-president Paul Kruger. Die standbeeld is deur Anton van Wouw ontwerp en die projek is oorspronklik deur Sammy Marks gefinansier. Alhoewel die beplanning vir die standbeeld reeds in 1895 begin is, is die beeld as gevolg van die Tweede Vryheidsoorlog en ander ontwikkelinge eers in 1913 opgerig, in Prinsepark in Pretoria. Dit is in 1925 geskuif na die plein voor Pretoria se hoofstasie en in 1954 na sy huidige staanplek op Kerkplein.

...lees verder