Wikipedia:Voorbladartikel week 45 2005

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die stadshorison van Montréal

Montréal is die naam van die stad, eiland en eilandsee by die vereniging van die riviere Saint-Laurent en Outaouais in die sentrale gedeelte van die Saint-Laurent-vallei. Dit is die grootste stad van die Franstalige provinsie Québec (Oos-Kanada) - en op een na ook die grootste Franstalige stad in die wêreld. Montréal se hawe, wat 1 600 km landinwaarts van die oseaan lê, behoort tot die grootstes van Noord-Amerika.

Teen die einde van die 17de eeu strek Montréal se agterland feitlik tot by die Rotsgebergte (Frans: Les Rocheuses, Engels: Rocky Mountains), verby die Groot Mere en tot by die mond van die Mississippi toe die voyageurs (die Franse ontdekkers) Montréal hulle vertrekpunt maak vir togte dwarsoor Noord-Amerika. Die voyageur Daumont de Saint-Lusson ontdek die Groot Mere, Louis Jolliet die Mississippirivier en Charles Albanel en Paul Denys die Baie d´Hudson (Hudsonbaai).