Wikipedia:Voorbladbeeld week 24 2008

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Eye iris.jpg

'n Mens se oog is die orgaan in die liggaam wat inligting uit die lig-omgewing aan die brein oordra. Lig word op die netvlies (ook retina genoem) gefokus deur die lens. Die netvlies is 'n laag gespesialiseerde senuweeselle wat lig omskakel in senuwee-seine. Die oog kan sy fokusafstand verander deur spiere wat die vorm van die lens verander.

Foto-erkenning: Che