Wikipediabespreking:Administrateur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Crystal Clear app file-manager.png
Argief
Na Argief


Hoe word 'n argief aangelê?

U is welkom om ander gebruikers of uself te nomineer vir administrateurstatus.

Daar is geen amptelike vereistes vir adminskap nie, buiten 'n mate van vertroue deur ander gebruikers en die besit van 'n gebruikersrekening. Elke persoon het verskillende idees rakende administrateurskap en dit sal in hul ondersteuning of besware weerspieël word.

Gebruikers wat steun of beswaar aanteken is welkom om redes by te voeg. Indien u egter beswaar aanteken en die genomineerde gebruiker beskuldig van, byvoorbeeld, oortreding van die reëls, of onbeskaafde gedrag, moet u asseblief 'n verskilskakel ("diff") verskaf, sodat ander gebruikers die gedrag self binne konteks kan oordeel.

Anonieme gebruikers mag wel gebruikers nomineer, maar nie self stem nie (hul nominasie tel dus ook nie as 'n stem nie).

>>> Nomineer 'n gebruiker <<<


Voorgestelde beleid[wysig bron]

Wie mag aansoek doen?[wysig bron]

  • Nominante moet gebruikers wees vir 'n geruime tyd en reeds vir meer as 'n jaar aktief wees by die Afrikaanse Wikipedia. Bydraes in enige naamruimte geld as aktiwiteit, maar betrokkenheid by gemeenskapsake en oordeelkundige betrokkenheid by dispute sal 'n groot rol kan speel.
  • Nominante moet Afrikaans baie goed verstaan en hulself redelik verstaanbaar kan maak in Afrikaans.
  • Nominante se optrede in hul hoedanigheid as gebruikers moet 'n groot begrip van, en konformiteit aan beleid toon. Onlangse blapse sal dus iemand se aansoek in 'n slegte lig stel.
  • Nominante moet 'n geldige e-posadres hê en ten minste 'n eenvoudige gebruikersblad.
  • Selfnominasies is toelaatbaar. So 'n nominant moet natuurlik die nominasie aanvaar.
  • Nominante wat nie in die afgelope drie maande onsuksesvol aansoek gedoen het nie.

Stemprosedure[wysig bron]

  • Slegs bydraers wat al vir 'n redelike tyd aktief is, mag stem. Ongeldige stemme mag gekanselleer word deur ander bydraers.
  • Stemming word op hierdie blad onder die kandidaat se naam gedoen. Kommentaar, beswaar en/of vrae aan die kandidaat kan u stem vergesel. 'n Handtekening (met u gebruikersnaam en datum) moet in alle gevalle 'n stem/opinie vergesel.
  • Stemming moet lank genoeg duur om die gemeenskap kans te gee om te stem en beswaar aan te teken.
  • Stemme mag verander. U kan dus u stem terugtrek of verander terwyl stemming nog nie afgehandel is nie. Eerder as om u stem bloot uit te vee, trek dit eerder dood om misverstand te voorkom. Doen dit as volg:
<s>Ondersteun/Gekant. --ou handtekening</s> Stem teruggetrek/verander. --~~~~

Dit vertoon dan as

Ondersteun/Gekant. --ou handtekening Stem teruggetrek/verander. --Gebruikernaam 12:00, 1 Januarie 2005 (UTC)
  • Alhoewel hierdie 'n stemming is, moet daar redelike konsensus bereik word, eerder as 'n blote meerderheid vir "ja" of "nee".
  • Gebruikers wat teen die bevordering van 'n gebruiker gekant is, moet asseblief hulle redes hiervoor noem. So kan besware aangespreek word en moontlik ernstige probleme rakende 'n gebruiker geïdentifiseer word.

U is welkom om die volgende sjablone te gebruik:

Kandidate[wysig bron]

Gebruikers wat kwalifiseer kan hier genomineer word.