Wildedruif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Wildedruif
Lannea edulis05.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. edulis
Binomiale naam
Lannea edulis
(Sond.) Engl.

Die wildedruif (Lannea edulis (Sond.) Engl.) is 'n geoksiel wat inheems is aan Suid-Afrika, Botswana, eSwatini en Mosambiek. Dit kom in KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is as veilig (LC) gelys.[1]

Die bogrondse plant lyk soos 'n dwergstruikie en dikwels is dit sonder blare wanneer dit vrugte dra. Dit vrugte is eetbaar en lyk soos Catawba-druiwe ("glippertjies"). Hulle is gunstingkos van blouapies en nagapies.[2] Die stuik is bladwisselend en word 30 cm hoog. Dit word in oop klipperige grasland en bosveld aangetref. Die blare groei met twee tot 4 paar op 'n stingel wat eindig in een blaar. Die blommetjies is klein en geel of room tot pienk in kleur. Hulle verskyn September-Oktober dig by die grond. Die vrugte is rooi en word pers.[3]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. SANBI-rooilys.
  2. biodiversity of my farm.
  3. Trees and Shrubs of Mpumalanga and Kruger National Park, Ernst Schmidt, Mervyn Lotter, Warren McCleland, Jacana Media, 2002, ISBN 1-919777-30-X, ISBN 978-1-919777-30-6 ,bls.300