Wildepruim

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wildepruim
Harpephyllum caffrum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Subkoninkryk: Tracheobionta
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Subklas: Rosidae
Orde: Sapindales
Familie: Anacardiaceae
Genus: Harpephyllum
Bernh. ex C.Krauss
Spesie: H. caffrum
Binomiale naam
Harpephyllum caffrum
Bernh. ex C.Krauss

Die Wildepruim (Harpephyllum caffrum) is 'n boom wat voorkom in of naby woude aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Port Elizabeth. Dit kom ook voor in die Soutpansberg en die Drakensberge. Die boom het saamgestelde blare wat dig saamgepak is, soos 'n roset, aan die takkies se eindpunte. Die blaartjies is sekelvormig. Party dorpe het die boom in hulle strate aangeplant. Die vrug, van 2 cm in deursnee, is vlesig, suur en rooi wanneer dit ryp is. Daar word jellie en Rosé van die vrugte gemaak.

Galery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]