Willem Hendrik van den Bos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Willem Hendrik van den Bos
Gebore (1896-09-25)25 September 1896
Rotterdam, Nederland
Oorlede 30 Maart 1974 (op 77)
Johannesburg, Suid-Afrika
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vakgebied Sterrekunde
Alma mater Universiteit van Leiden
Doktorale promotor(s) Willem de Sitter

Willem Hendrik van den Bos (25 September 1896, Rotterdam30 Maart 1974) was 'n Suid-Afrikaanse sterrekundige. Hy verwerf sy doktorsgraad in Leiden en werk daarna direk by die Uniesterrewag in Johannesburg. In 1927 word hy aangestel as hoof-assistent en in 1941 as Unie-sterrekundige, 'n pos wat hy tot en met sy aftrede beklee. Hy was 'n wêreldleier oor dubbelsterre. Hy was aangestel as President van die kommissie om dubbelsterre te studeer deur die Internasionale Sterrekundige Unie.

Bron[wysig | wysig bron]