William Douglas Francis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
'William Douglas Francis'
Gebore 6 Maart 1889
Bega
Oorlede 2 Januarie 1959
Nasionaliteit Australies
Instelling(s) Queensland Herbarium
Bekend vir Sy boek Australian Rainforest Trees.

William Douglas Francis (6 Maart 1889 - 2 Januarie 1959) was 'n gesiene Australiese plantkundige. Hy is in in Bega, Nieu-Suid-Wallis gebore. Op 17-jarige ouderdom het hy saam met sy pa, Alfred en broer Frederick, getrek vanaf Wollongong, Nieu-Suid-Wallis (waar hy die Wollongong Superior Public School bygewoon het), na Kin Kin, Queensland. Dit was hier wathy sy groot belangstelling in die natuurwetenskap kon bevredig terwyl hy sy pa en broer op die plaas gehelp het.

In 1919 is hy aangestel as Assistent Regerings Plantkundige by die Queensland Herbarium. Teen 1950 was hy aangestel as regerings plantkundige. Hy het in 1954 afgetree en is vyf jaar later dood. Hy het grootliks bygedra tot die klassifikasie en identifikasie van Australiese reënwoudspesies en word waarskynlik die beste onthou vir sy boek Australian Rainforest Trees. Dit is in 1929 gepubliseer, met talle herdrukke sedertdien. 'n Arboretum wat in die 1990's by Kin Kin gestig is, is tot sy nagedagtenis aan hom toegewy. [1][2]

Die standaard outeursafkorting W.D.Francis word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne Skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. William D. Francis biography, Australian National Botanic Gardens, Undated (accessed 18 February 2007)
  2. Noosa Shire Historical Cultural Heritage Kin Kin, www.noosa.qld.gov.au, July 2002 (accessed 14 January 2007)