Willie du Plessis (geb. 1990)
| |||||
Volle naam | Willem Nicolaas Frederik du Plessis | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 5 Junie 1990 | ||||
Geboorteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,83 m | ||||
Massa | 91 kg | ||||
Skool | Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012–2013 | UP Tuks | 12 | (46) | ||
korrek soos op 18 Februarie 2015. | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015 2015–2019 2017 2019–2021 2021– |
→ Toulon Bayonne Montpellier Biarritz Mont-de-Marsan |
7 68 10 16 13 |
(20) (375) (110) (119) (19) | ||
korrek soos op 27 Julie 2022. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012 2013 2014 2014– |
Blou Bulle Vrystaat Goue Leeus Vrystaat |
7 9 10 12 |
(86) (6) (93) (111) | ||
korrek soos op 17 Junie 2015. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2015 | Cheetahs | 8 | (7) | ||
korrek soos op 17 Junie 2015. |
Willie du Plessis (* 5 Junie 1990, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs op losskakel gespeel het.
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Jeugspanne
[wysig | wysig bron]Du Plessis het vir die Blou Bulle in die 2008 o/18 Akademieweek gespeel voordat hy in Durban by die Natalse Haaie aangesluit het. Hy het in 2009 vir Natal in die provinsiale o/19-kompetisie gespeel en die volgende jaar in die o/21-kompetisie waar hy 96 punte in 12 wedstryde aangeteken het.[1] Hy is in Natal se Vodacombekerspan vir 2011 maar het geen wedstryde gespeel nie. Hy het egter nog twee wedstryde vir die o/21-span gespeel, waarna hy na die Blou Bulle is waar hy nog vier wedstryde in die o/21-kompetisie gespeel het.
Senior spanne
[wysig | wysig bron]Du Plessis is ingesluit in die Blou Bulle se Vodacombekerspanne vir 2012[2] en 2013 en het sy debuut in seniorrugby teen die Valke gemaak. In 2013 het Du Plessis, in sy span se wedstryd teen die Limpopo Blou Bulle, ’n rekord 40 punte aangeteken met die eindtelling 110–0. Du Plessis het in hierdie wedstryd twee drieë gedruk en met vyftien doelskoppe geslaag.[3]
Vir die 2013 Curriebekerseisoen het Du Plessis ’n korttermynkontrak met die Vrystaat Cheetahs onderteken.[4] Aan die einde van 2013 het hy ’n kontrak met die Goue Leeus gesluit en in November 2013 na Johannesburg gegaan.[4] Hy het egter nie baie tyd in Johannesburg spandeer nie en is terug na Bloemfontein vir die 2015 Superrugbyseisoen.[5]
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "2010 0/21 Provinsiale Kampioenskap Puntemakers". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 16 Augustus 2013.
- ↑ "2012 Blue Bulls Vodacom Cup season". South African Rugby Union (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2012. Besoek op 16 Augustus 2013.
- ↑ (en) "Speler van die Week: Willie du Plessis". Blue Bulls. 22 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2013. Besoek op 16 Augustus 2013.
- ↑ 4,0 4,1 "Tukkies se generaal wil deel in VS-flair". Media24. Beeld. 13 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2013. Besoek op 16 Augustus 2013.
- ↑ "Cheetahs sign Sergeal" (in Engels). SuperSport. 7 Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2018. Besoek op 7 Julie 2014.