Witlipdoktervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Witlipdoktervis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Acanthuridae
Bonaparte, 1832[1]
Subfamilie: Acanthurinae
Genus: Acanthurus
Spesie: A. leucocheilus
Binomiale naam
Acanthurus leucocheilus
Herre, 1927

Die witlipdoktervis (Acanthurus leucocheilus) is 'n doktervis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan; asook langs die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as pale-lipped surgeonfish of white-spine surgeonfish.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 45 cm lank. Die lyf is donkerbruin en daar is 'n donker en 'n ligte skuins streep oor die bek en ken. Die vis se kleur kan varieer, soms is daar 'n breë, wit streep om die stertvinbasis en die streep oor die ken is afwesig. Daar is ook 'n wit streep met 'n donker rant op die stertvin basis. Die onvolwasse vissies het gewoonlik 'n geelwit stertvin.

Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 30 m diep is. Hier verkies hulle die vlakker beskermde plat en skuins hellings. Hulle is gewoonlik alleenlopers maar kan ook in klein groepies voorkom. Die vis vreet alge. Die vis is uiters selde gesien.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]