Wolframkarbied
Algemeen | |
---|---|
Naam | Wolframkarbied |
Chemiese formule | WC |
Molêre massa | 195,85 [g/mol] |
CAS-nommer | 12070-12-1 |
Voorkoms | grys metaalpoeier |
Fasegedrag | |
Fase | α (lae temperatuur) |
Selkonstantes | a=290,6 pm; c=283,7 pm |
Ruimtegroep | P6m2 |
Nommer | 187 |
Strukturbericht | Bₕ |
Fase | β (hoë temperatuur) |
Selkonstantes | a=426,6 pm |
Ruimtegroep | Fm3m |
Nommer | 225 |
Strukturbericht | B1 |
Smeltpunt | 2776 °C[1] |
Kookpunt | ~6000 °C |
Digtheid | 15,63 [g/cm3] @ 18 °C |
Oplosbaarheid | <0.1g/L in water |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | Onbrandbaar |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Wolframkarbied is 'n chemiese verbinding van wolfram en koolstof met 'n formule WC
Vervaardiging
[wysig | wysig bron]Die wêreldproduksie word op 15 000 tot 20 000 ton/jaar geraam.
Die materiaal kan uit die elemente vervaardig word:
Indien 'n mengsel van koolstof en wolframpoeier in 'n koolstofbuis of hoogfrekwente oond tot ~2800 °C verhit word, kan 'n stuk van die materiaal verkry word, maar daar word gewoonlik poeiers met 'n bepaalde korrelgrootte verkoop.[1]
Strukture
[wysig | wysig bron]WC het twee modifikasies. Die hoëtemperatuurvorm het die kubiese halietstruktuur (B1 in strukturbericht-klassifikasie). Altwee atome is deur ses ander atome omring in 'n oktaëdriese omgewing. Die laetemperatuurvorm het 'n heksagonale struktuur wat van die heksagonale digpakking afgelei kan word deur sy ...ABAB... lae afwisselend deur wolfram(A)- en koolstof(B)-lae te beset. Die omringing is trigonaal prismaties. [2] Dit is die argetipe van die strukturbericht se Bₕ-struktuur.[3]
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Wolframkarbied is onoplosbaar in water en verdunde sure, maar dit vorm oplosbare soute met HNO3 en HF
Die materiaal is uiters hard (9 -9,5 (Mohs), vergelykbaar met korund) en kan by baie hoë temperature gebruik word. [4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 SIDS Initial Assessment Report Okt 2005.
- ↑ Structural, electronic properties and stability of tungsten mono- and semi-carbides: A first principles investigation Dmitrii V. Suetin, Igor R. Shein, Alexander L. Ivanovskii Journal of Physics and Chemistry of Solids, 70(1), Januarie 2009, bls. 64–71
- ↑ "Universiteit Wene" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2017.
- ↑ "Larson Jewelers" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2015. Besoek op 27 Mei 2017.