Wollerige tolbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Wollerige tolbos
Leucadendron sorocephalodes 15414239.jpg
Leucadendron sorocephalodes 15314780.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. sorocephalodes
Binomiale naam
Leucadendron sorocephalodes
E.Phillips & Hutch.

Die Wollerige tolbos (Leucadendron sorocephalodes) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en Oos-Kaap waar dit voorkom vanaf die Outeniekwaberge tot by die Baviaanskloofberge.

Die struik word net 30 cm hoog maar 2 m wyd en blom in Augustus. Die plant gaan dood na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na twee maande uit die tol grond toe waar dit deur miere versprei word. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei in sandsteen rotse en klippe op hoogtes van 1 300-1 700 m.

In Engels staan dit as die Woolly conebush bekend.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]