Worsie Visser

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Worsie Visser
Geboorte1963
Afsterwe4 Mei 1998
Saldanha
Beroep(e)Sanger
Genre(s)Ligte Afrikaanse musiek
Instrument(e)Stem
EtiketteGazania-musiek
AssosiasiesZirk Bergh
Portal.svg Musiekportaal

Worsie Visser (19634 Mei 1998) was 'n bekende Afrikaanse sanger. Visser was bekend vir liedjies soos Lekker ou Jan, Ek en My Meisie, Boesmanland, Gee die Hond Wind en Osbraai op Kromdraai. Hy is op 35-jarige ouderdom in 'n vliegtuigongeluk by Saldanha oorlede.[1][2] Ná sy dood het dit bekend geword dat sy stembande besig was om in te gee en dat sy sangloopbaan waarskynlik verby was.[3]

Visser se broer, Michiel, het die baskitaar in Worsie se Boesmanland-orkes gespeel. Hy het later self 'n paar CD's uitgereik, onder andere Kom kuier by my, Lekker Boesmanland, Hier's ek weer en Bitter snare.

Een van Worsie se kitaarspelers, Zirk Bergh, later 'n sanger uit eie reg, het homself en verskeie ander op 14 Desember 2013 om die lewe gebring.

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Die Boesmanland Bundel, 2009
  • Dis My Kontrei
  • Vroeteltreffers Uit Boesmanland, 2004
  • Res Van Die Bes – Nog Meer Treffers Van Doerietyd
  • Seun Van Bitterfontein
  • Treffers Van Doerie Tyd Tot Nou, 2004 TRIO
  • Ou Bokke En Groen Blare
  • Gee Die Hond Wind
  • Lekker Ou Jan, 1997 TRIO
  • Pa Se Klong LP, 1991 VENUS/TRIO
  • My Hart Is Daar LP, 1988 TRIO
  • Gee Hom Gas
  • Dis My Kontrei LP
  • Die WP Bossanova / Dankie Is Maar Al 7, 1965 VENUS

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Medelye oor Worsie se dood stroom in van oor wêreld, Die Burger, 6 Mei 1998.
  2. Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
  3. Nog g'n lig op Worsie se rampdood, Rapport, 20 September 1998

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]