Zack du Plessis
Zack du Plessis | |
Geboorte | 28 November 1949 |
---|---|
Sterfte | 15 Junie 2011 (op 61) Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Lewensmaat | Magda van Biljon |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Zack du Plessis (* 28 November 1949 – † 15 Junie 2011) was 'n Afrikaanse akteur, aanbieder, grapmaker, storieverteller en rolprentvervaardiger. Hy was veral bekend vir sy rolle in gewilde TV-programme soos Vetkoekpaleis en Orkney Snork Nie.[1]
Biografie
[wysig | wysig bron]Du Plessis het ’n dramagraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en by die destydse streekskunsteraad Truk gewerk. Met die koms van televisie in 1976 het hy homself hoofsaaklik op TV-werk toegespits. Hy het ook sy eie fliekmaatskappy gehad, wat onder meer die fliek Bosveldhotel (Die Moewie) en kinderprogramme vervaardig het.
Du Plessis was met die aktrise en TV-aanbieder, Magda van Biljon, getroud.
Hy is op 15 Junie 2011 by sy huis in sy slaap aan longkanker oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, seun (Wénèf) en dogter (Bernice du Toiten).[2][3]
TV-programme
[wysig | wysig bron]Van die TV-programme waarin hy verskyn het:
- Arsenaal, 2002
- Onder Draai die Duiwel Rond, 1997 (as Sersant Kriek)
- Triptiek II, 1997 (as Laetitia se buurman)
- Vetkoekpaleis as Frikadel of Oom Vetkoek (1996)
- Torings, 1994 (as Zack du Plessis)
- Simon en Sandra, 1990 (as Bossie Bosman)
- Vleuels, 1989 (as Oom Buks Botha)
- Orkney Snork Nie as Hendrik van Tonder (1989)
- Dot en Kie, 1988 (as Rugby kommentator)
- Die Seders van Lebanon, 1987 (as Dr Jan Viljoen)
- Koos Kluitjies, 1987 (as Dominee)
- Hoekie vir Eensames, 1986 (as Sporie Struwig)
- Konflikhantering, 1986
- Die Jare Daarna..., 1986 (Hors)
- Transkaroo, 1984 (as Doep)
- Koöperasiestories as Soon Pieterse (1983-1985)
- Roep van die Visarend, 1982 (as Boel Bredenkamp)
- Harmonie, 1982 (as Frik Vermeulen)
- Maak 'n Las (as gaskunstenaar en aanbieder)
- Die Siel van die Mier, 1979
- TJ 7, 1978 (as Zak du Plessis)
- Net 'n bietjie liefde, 1977 (as Zach du Plessis)
- Dokter, Dokter, 1976
- Willem, 1976 (as Dirk)
en andere.
Rolprente
[wysig | wysig bron]Van die rolprente waarin hy te siene was:
- Mr Bones, 2001 (as die boer)
- Orkney Snork Nie 2, 1992
- Orkney Snork Nie (Die Moewie), 1993IMDb
- Kaalgat tussen die Daisies, 1997
- Lipstiek Dipstiek, 1994 (as Frikkadel Fourie)
- Tough Luck, 1992
- Die Hartseerwals, 1985 (Sagrys van Deventer)
- Bosveldhotel, die moewie, 1985
- Gideon Scheepers, 1982 (as Luitenant Schalk Pypers)
- Gazette, 1981 (as Hofmeyer)
- Blink Stefaans, 1981 (JP De Villiers)
- Kiepie & Kandas, 1981 (Prof)
- Oom Kaspas en Nefie, 1980 (as Oom Kaspaas)
- Skelms, 1980 (as Generaal Hamilton Lurie)
- Die Eensame Vlug, 1979 (as Ghoofy)
- Pretoria O Pretoria!, 1979 (as Fourie)
- Weerskant die Nag, 1979 (as Sas Brink)
- The Fifth Season, 1978 (as Joe van Altena)
- Billy Boy (Thug)
- Sonja, 1978 (Dup du Pisanie)
- Diamant en die Dief, 1978 (as Vlok)
- Die Winter van 14 Julie, 1977 (Korporaal)
- Thaba, 1977 (as Bertus Grobbelaar)
- 'n Sondag in September, 1976 (as Polisie Sersant)
- Springbok, 1976 (as Nic)
- Die Rebel, 1976 (as Jan 'Boelie' Huysma
- Funny People, 1976 (Sekuriteitswag)
- Kiepie en Kandas (as die kwaai dosent op Tuks)
- Jakkalsdraai se mense, 1975 (as Cronjé)
- Liefste Veertjie, 1975 (as Biel Bruwer)
- Afspraak in die Kalahari, 1973 (as Andries du Toit)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Zack du Plessis sterf Geargiveer 17 Junie 2011 op Wayback Machine, Nuus24, 16 Junie 2011.
- ↑ ‘Saggeaarde akteur’ Zack du Plessis sterf tuis by gesin, Die Burger, 17 Junie 2011.
- ↑ ‘Gatslag, maar ek sal wen’ Geargiveer 22 Junie 2011 op Wayback Machine, Rapport, 18 Junie 2011.