Zandile Gumede

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Zandile Gumede (gebore 12 Mei 1961) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat voorheen as burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit gedien het.[1] Sy is 'n lid van die African National Congress (ANC).[1][2]

Vroeë lewe[wysig | wysig bron]

Gumede is gebore op 12 Mei 1961 in Amaoti, Inanda, Noord van Durban. Sy is een van dertien kinders. Gumede het JL Dube- en Zwelibanzi- hoërskole bygewoon.[3] Haar pa was 'n polisieman.

Beweerde betrokkenheid by misdaad[wysig | wysig bron]

Gumede is in Mei 2019 saam met Mondli Mthembu, ANC-raadslid in eThekwini, aangekla vir beweerde tenderbedrog, korrupsie en rampokkery rakende 'n R208 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban.[1][2][4] Sy is vrygelaat op borgtog van R50 000 en is deur die ANC op spesiale verlof geplaas, wat twee keer verleng is.[1][2][4]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 African News Agency (13 Augustus 2019). ANC-burgemeester dalk vandag in die pad gesteek. Maroela Media. URL besoek op 13 Augustus 2019.
  2. 2,0 2,1 2,2 African News Agency (13 Augustus 2019). Gumede, ander ANC-raadslede ‘herontplooi’. Maroela Media. URL besoek op 13 Augustus 2019.
  3. "Mayor Cllr Zandile Gumede". durban.gov.za. Besoek op 15 May 2019. 
  4. 4,0 4,1 Gumede reageer ná ANC haar pos. Maroela Media (15 Augustus 2019). URL besoek op 15 Augustus 2019.