Ekserpteboeke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Ekserpteboek uit die 17de eeu

Ekserpteboek (Engels: Commonplace book) het sy ontstaan gehad in die 15de eeu met die meer algemene beskikbaarheid van goedkoop skryfpapier, hoofsaaklik in Engeland. Dit word gesien as 'n manier om kennis te boekstaaf deur die skryf daarvan in boeke. Dié boeke was in wese plakboeke (scrapbooks) met items van enige aard: mediese resepte, aanhalings, briewe, gedigte, tafels vir gewigte, spreekwoorde en gebede. Ekserpteboeke is gebruik deur lesers, skrywers, studente, en humaniste as 'n hulp om bruikbare konsepte of feite te onthou. Elke ekserpboek was uniek ten opsigte van sy skepper se belangstellings.

Moderne redakteurs beskou ekserpteboek nie as van literêre waarde nie. Die waarde van die werke is egter geleë die insig wat dit bied ten opsigte van die smaak, belangstellings, persoonlikheidstrekke en bekommernisse van hul individuele opstellers.

Sommige moderne skrywers beskou die webjoernaal as die moderne analogie vir die ekserpteboek.

Eksterne skakels[wysig]