Podgooi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n RSS-ikoon, word algemeen gebruik om 'n webvoer vir 'n podgooi aan te dui.

'n Podgooi (Engels: Podcast) is 'n reeks digitale medialêers (oudio of video) wat periodies vrygestel word en meestal deur die web afgelaai kan word.

Die voorvoegsel "pod" is ontleen van die iPod (Apple se draagbare MP3-speler). Alhoewel die tegnologie nie slegs met iPod's gebruik word nie, was die sukses hiervan 'n belangrike stap in die ontwikkeling van podgooie.