Tim Laurence

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Viseadmiraal Timothy James Hamilton Laurence (gebore 1 Maart 1955) is die tweede eggenoot van prinses Anne van die Verenigde Koninkryk. Laurence was van 1986 tot 1989 die stalmeester van koningin Elizabeth.

Hy is in Camberwell, Suid-Londen, gebore as die seun van Guy Stewart Laurence en Barbara Alison Laurence (gebore Symons). Hy en prinses Anne is in Desember 1992 in die Kerk van Skotland in Ballater, naby Balmoral-kasteel, getroud. Die Kerk van Skotland laat geskeides toe om weer te trou.

Die egpaar woon tans in Buckingham-paleis.

Bronne[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]