Trok

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sy- en onderkant van 'n 18-wiel trok:
1. kopstuk
2. sleepwa (kan afgehak word)
3. enjin
4. kajuit
5. slaapplek (nie by alle trokke nie)
6. windvlerk
7. brandstoftenk
8. vyfde wiel koppeling
9. vragruimte
10. voete vir wa wat afgehak is
'n Tipiese "Road Train" in Australië.

'n Trok (ook soms lorrie) is 'n tipe vragmotor wat gebruik word om goedere op paaie te vervoer. Die meeste trokke het dieselenjins wat diesel as brandstof gebruik. Die woord "trok" kom van die Griekse woord "trochos", wat "wiel" beteken.

Tipe trokke volgens grootte[wysig]

Ligte trokke[wysig]

Ligte trokke is trokke wat min of meer so groot soos karre is. Hulle word deur individue en maatskappye gebruik om kleiner voorwerpe te vervoer. In die Verenigde State van Amerika word 'n trok as 'n ligte trok geklassifiseer as dit minder as 6,300 kg (13,000 pond) weeg.

Medium trokke[wysig]

Medium trokke is swaarder as ligte trokke, maar ligter as swaar trokke. Die tipe trokke word gewoonlik gebruik vir plaaslike aflewerings en publieke dienste (soos afvalverwydering). In die Verenigde State word 'n trok as 'n medium trok geklassifiseer as dit tussen 6,300 kg (13,000 pond) en 15,000 kg (33,000 pond) weeg.

Swaar trokke[wysig]

Swaar trokke is die swaarste trokke wat op paaie toegelaat word. Hulle staan ook as lorries bekend. Meeste swaar trokke is sleeptrokke, waarvan die kopstuk van die agterste sleepwa afgehak kan word. Die enjin is in die kopstuk, terwyl die sleepwa oor sy eie wiele, maar nie 'n enjin beskik nie.

Fotogalery[wysig]