9K121 Vikhr

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
9A1472 Vikhr
ScreenShot 348 Vikhr.jpg
Rol: lug gelanseerde anti-tenk missiel
In gebruik sedert: ongeveer 1990
Eerste vlug: 17 augustus 1987
Aantal gebou: 14,500
Status
in gebruik by: Russiese lugmag
Status: In aktiewe diens
Afmetinge
Lengte: 2,80 m
Omtrek: 130mm
Gewig: 45kg
Bewapening
Plofkop: Panser penetrasie agter ERA, 1,000 mm
Ontsteking: nabyheid of op aanraking
Lanseer parameters
Reikafstand: 8km-10km (8km as lansering van helikopters is)
Snelheid: 600m/s, Mach 1,8
Geleiding: Laserstraal aftasting
Lanseer platforms: Helikopters: Ka-50, Ka-52, vliegtuig: Su-25T

9A1472 Vikhr (Russies: Вихрь), (Afrikaans: Warrelwind) is 'n Russiese laser geleide anti-tenk missiel stelsel. "9K121" is die GRAU-naam toewysing vir die stelsel. Die missiel staan volgens die die NAVO klassifikasie bekend as die AT-16. Die missiel word uit die lug gelanseer van 'n Ka-50, Ka-52 helikopter en Sukhoi Su-25 vliegtuig. Daar word veronderstel dat dit van 1990 operasioneel ontplooi word in die Russiese Lugmag maar is eers in 1992 vir die eerste keer by die Farnborough Lugskou ten toon gestel.

Die aanwending van die missiel is gerig om veral grondteikens aan te val, spesifiek tenks, en teikens met reaktiewepantser. 'n Teiken kan tot vanaf 8km aangeval word indien die missiel deur 'n helikopter gelanseer word, of 10km van 'n vastevlerk vliegtuig. Die Vikhr kan ook stadigbewegende lugteikens neerskiet.

Die Vikhr missiel is 'n onderdeel van die Vikhr-M stelsel, die ander dele sluit in 'n outomatiese teikensoekstelsel, en 'n lanseerder.

Die missiel beweeg, tydens sy vlug deur die lug, in deurlopende spiraalbeweginge, terwyl 'n enkele beheermeganisme die rigting voortdurend aanpas. Om die kans op 'n voltreffer te verhoog kan twee missiele per salvo gelanseer word op 'n teiken.

Eksterne skakels[wysig]