Agamemnon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Agamemnon (Grieks: Ἀγαμέμνων) is ’n karakter in die Griekse mitologie. Hy was die seun van koning Atreus van Mycenae, en self die koning van óf Mycenae óf Argos. Toe Helena, die vrou van Menelaus, deur Paris van Troje ontvoer word, was Agamemnon die bevelvoerder van die Achajers in die daaropvolgende Trojaanse Oorlog.