Al Capone
Al Capone | |
---|---|
Al Capone in 1930 | |
Gebore | Alphonse Gabriel Capone 17 Januarie 1899 |
Sterf | 25 Januarie 1947 (op 48) Palm Island, Florida |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Gangster, dranksmokkelaar, afperser, baas van Chicago Outfit |
Eggenoot | Mae Capone |
Kinders | Albert Francis "Sonny" Capone (1918–2004) |
Handtekening | |
Alphonse Gabriel Capone (17 Januarie 1899 – 25 Januarie 1947) was 'n berugte Amerikaanse bendeleier in die 1920's en 1930's, alhoewel daar klaarblyklik "tweedehandse meubelhandelaar" op sy besigheidskaartjie gestaan het. Vanweë ’n litteken op sy wang was hy ook as Scarface bekend.[1]
Alphonse Capone is in Brooklyn (New York Stad) gebore, waar hy in kleindiefstal betrokke was en waar hy ook 'n snywond opgedoen het (vandaar sy bynaam). Hy het gedurende sy opgang in die kriminele wêreld na Chicago verhuis, waar hy bekend geword het as die stigter van die Chicago Outfit, 'n familie in die Amerikaanse Mafia.[2]
Hy is veral bekend vir sy aandeel in die 'St Valentine's Day Massacre' in Chicago, waar sewe lede van 'n ander bende koelbloedig op 14 Februarie 1929 geskiet is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ Gus Russo. The Outfit: The Role of Chicago's Underworld in the Shaping of Modern America, Bloomsbury VSA, 2002. ISBN 1-58234-279-2