Archelaos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Archelaos
Koning van Kappadosië
’n Muntstuk van Archelaos.
’n Muntstuk van Archelaos.
Tydperk 36 v.C. – 17 n.C.
Grieks Ἀρχέλαος
Huis Ariathide
Voorganger Ariarathes X
Opvolger Geen
Vader Archelaos III
Moeder Glaphyra
Geboorteplek Kappadosië in Klein-Asië
Oorlede 17 n.C.
Sterfteplek Rome, Romeinse Republiek
Geloof Griekse mitologie

Archelaos (Grieks: ο Αρχέλαος) was van 36 v.C tot 17 n.C die laaste koning van Kappadosië. Hy was die seun van Archelaos III, die hoëpriester van Comana.

Hy het koning Ariarathes X opgevolg nadat Marcus Antonius hom in 36 v.C. koning gemaak het. Die keiser van die Romeinse Republiek Augustus het sy koninkryk vergroot. Hy was egter nie baie gewild onder sy onderdane nie en hulle het hom selfs in Rome verkla, waar hy deur die latere keiser Tiberius verdedig is.

Nadat Tiberius keiser geword het, het hy Archelaos daarvan beskuldig dat hy ’n rewolusie wou aanvuur, en hy is in gevangenskap in Rome dood. Kappadosië het toe ’n Romeinse provinsie geword.

Bronne[wysig]

Konings van Kappadosië
Ariarathes IAriarathes IIAriamnesAriarathes IIIAriarathes IVAriarathes VAriarathes VIAriarathes VIIAriarathes IXAriarathes VIIIAriarathes IXAriarathes VIIIAriobarzanes IAriobarzanes IIAriobarzanes IIIAriarathes XArchelaos