Bakwerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Deursnit van 'n Porsche 996 se bakwerk

Die bakwerk is die bostel van 'n voertuig wat op die onderstel gemonteer kan word. Vroeër het bakwerk bekend gestaan as koetswerk. Moderne bakwerk is gemaak van staal, hoewel ligter aluminium en kunsstowwe aan die toeneem is. In die begin van die motorbedryf is ook hout gebruik.