Birgit Nilsson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Birgit Nilsson
Birgitnhat.jpg
Birgit Nilsson in 1948.
Geboortenaam Märta Birgit Nilsson
Geboorte 17 Mei 1918
Svenstad, Swede
Afsterwe 25 Desember 2005
Bjärlöv, Swede
Beroep(e) Operasopraan
Portal.svg Musiekportaal

Birgit Nilsson (17 Mei 191825 Desember 2005) was 'n gevierde dramatiese sopraan van Swede wat gespesialiseer het in opera- en simfoniewerke. Haar stem was bekend om die oorweldigende omvang, ryklike krag en die klokhelder duidelikheid van die boonste register.

Nilsson het uit 'n plattelandse agtergrond gekom en moes hard werk om aanvaarding in die musiekwêreld, maar haar indruk in baie rolle was so groot dat hulle begin bekend staan het as die "Nilsson repertorium". Sy het die operas van Richard Strauss gesing en gespesialiseer in Puccini se "turandot", maar dit was die musiek van Richard Wagner wat haar beroemd gemaak het. Op die kruin van haar loopbaan het Nilsson gehore verstom met die ongedwonge krag van haar stem, wat altyd kon uitstyg bo 'n orkes en met haar merkwaardige asembeheer, wat haar in staat gestel het om note geweldig lank aan te hou. Namate haar loopbaan ontwikkel het, het haar interpretasievermoë ook gegroei en so het sy 'n roerende kunstenaars asook 'n vokale verskynsel geword. Onder haar kollegas het sy beroemd geraak om haar spelerige humorsin.