Bonnie en Clyde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Clyde Barrow en Bonnie Parker

Bonnie en Clyde was twee Amerikaanse kriminele wat in die 1930's wêreldberoemd geraak het. Hulle is op 23 Mei 1934 deur die polisie in 'n lokval gelei en in Black Lake, Louisiana doodgeskiet. Hulle lewensverhaal is in 1967 in die rolprent "Bonnie and Clyde" (met hoofrolle deur Faye Dunaway en Warren Beatty) op die silwerdoek verewig.

Die bende het bestaan uit Bonnie Elizabeth Parker (1 Oktober 1910 - 23 Mei 1934) en Clyde Barrow Chestnut (24 Maart 1909 - 23 Mei 1934), beide van die Dallas-omgewing. Hulle het van 1932 tot 1934, tydens die hoogtepunt van die Groot Depressie, deur die sentrale Verenigde State gereis terwyl hulle besighede beroof en karre gesteel het.

Clyde is vandag bekend vir sy bankrowe. Hy het egter verkies om klein winkels en landelike petrolstasies te roof. Daar word vermoed dat die paartjie ten minste nege polisiebeamptes en verskeie burgerlikes gedood het. Hulle is uiteindelik deur 'n vriend verraai en deur die polisie geskiet.[1]

'n Gedenkteken is op die plek waar hulle doodgeskiet is opgerig. In Januarie 2012 is 'n masjiengeweer en 'n enkelloop jaggeweer wat aan hulle behoort het opgeveil. Die Polisie het beslag op die wapens by hul skuilplek in Joplin (Missouri) gelê. Dit het $210 000 op die veiling behaal.[2][3]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]