Brooklyn, New York

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Brooklyn (New York))
Spring na: navigasie, soek
Brooklyn
Kings County
Uitsig oor die Brooklyn-brug en Brooklyn Downtown
Uitsig oor die Brooklyn-brug en Brooklyn Downtown
Official Vlag van Brooklyn
Vlag
Kaart van New York Stad wat Brooklyn in oranje aandui.
Kaart van New York Stad wat Brooklyn in oranje aandui.
Koördinate: 40°37′29″N 73°57′8″W
Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
Deelstaat Flag of New York.svg New York
County Vlag van Brooklyn.png Kings
Stad Flag of New York City.svg New York Stad
Stigting 1634
Regering
 - Tipe Borough (Stadsdeel)
 - President van die Stadsdeel Eric Adams (D)
 - Prokureur van die Distrik Charles Hynes
Oppervlak
 - Borough 251,0 km²  (96,90 vk m)
 - Land 182,9 km² (70,61 vk m)
 - Water 68,1 km² (26,29 vk m)
Bevolking (2012)
 - Borough 2 565 635
 - Digtheid 14,037/km² (36,356/vk m)
Tydsone OST (UTC-5)
Poskode 112
Skakelkode(s) 347, 718, 917, 929
Webwerf: www.Brooklyn-USA.org

Brooklyn is een van die vyf stadsdele (Engels: boroughs) van New York Stad in die Verenigde State van Amerika. Met meer as 2.5 miljoen mense het Brooklyn meer inwoners as enige van die ander stadsdele, hoewel dit die tweede grootste in terme van oppervlakte is. Brooklyn is op die westelike deel van Long Island geleë. Die East River skei dit van Manhattan. Brookyn se enigste landsgebonde grens is met Queens.

Geskiedenis[wysig]

Brooklyn in 1879.

Brooklyn is na 'n Nederlandse dorp, "Breukelen" vernoem. Die eerste Europeërs wat hier gewoon het was Nederlanders. Toe hulle daar aangekom het, was daar reeds inheemse Amerikaners, genaamd die Lenape. Die Nederlanders stig die stad in 1634 as 'n deel van die kolonie van die Nuwe Nederland.

Broolyn was 'n onafhanklike stad tot in 1898 toe die inwoners gestem het om by die groter New York Stad aan te sluit. Vandag is Brooklyn 'n tuiste vir mense van verskeie kulture en etniese agtergronde.

Die Brooklyn-brug is 'n bekende landmerk in Brooklyn. Dit oorkruis die East River en verbind Brooklyn met Manhattan. Die grootste brug in New York Stad verbind Brooklyn met Staten-eiland. Brooklyn is een van die bekendste stadsdele van New York Stad.

Wyke[wysig]

Noordwes-Brooklyn[wysig]

Noord-Brooklyn[wysig]

Noordoos-Brooklyn[wysig]

Sentraal Brooklyn[wysig]

Bekende Brooklyners[wysig]

  • Veronica Lake, een van die top film sterre in Hollywood in die 1940's.
  • Samuel Morse, uitvinder en skilder wat bekend is vir die ontwerp van die telegraaf en Morsekode.
  • Donald Kagan, historikus wat in antieke Griekeland spesialiseer.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]