California Institute of Technology

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
California Institute of Technology
Caltech
Beckman Institute Reflection.jpg
Caltech se Beckman-instituut

Leuse: "The truth shall make you free"
Leuse in Afrikaans: "Die waarheid sal jou bevry"
Gestig: 1891
Tipe: Privaat universiteit
Befondsing: 1,77 miljard VSA-$
President: Jean-Lou Chameau
Studentetal: 2 231
Voorgraadse studente: 978
Nagraadse studente: 1 253
Ligging: Pasadena, Kalifornië,
Vlag van Verenigde State Verenigde State
Webtuiste: http://www.caltech.edu

Die California Institute of Technology, beter bekend as Caltech, is 'n privaat navorsingsuniversiteit in die Kaliforniese stad Pasadena in Los Angeles County wat hom op natuur- en ingenieurswetenskappe toespits.

Die universiteit is in 1891 deur Amos G. Throop, 'n boorling en sakeman van Chicago wat as burgemeester van Pasadena verkies is, as voorbereidende en beroepskool met 'n studentegetal van slegs 31 gestig. Die kollege het reeds in die vroeë 20ste eeu invloedryke wetenskaplikes na Pasadena gelok, waaronder die sterrekundige George Ellery Hale, die chemikus en opvoedkundige Arthur Amos Noyes en die fisikus Robert Andrews Millikan. Die voorbereidende en beroepskool is in 1910 ontbind om elders bedryf te word, en in 1921 het die kollege sy huidige naam aangeneem.

Ook vandag is Caltech se studentegetal van sowat 2 200, waarvan die meeste vir nagraadse studies ingeskryf is, relatief klein in vergelyking met sy groot mededinger aan die Ooskus, die Massachusetts Institute of Technology (MIT) wat 'n vergelykbare navorsingsprofiel het. Nogtans word Caltech by die wêreld se tien beste universiteite gereken. Lede en oud-studente van Caltech het altesaam 31 Nobelpryse gewen, waarvan dertien in fisika, nege in fisiologie of geneeskunde, ses in skeikunde, twee in ekonomie en een Vredesnobelprys.

Die uitgestrekte kampus met twee asse en portale, sipresse en 'n klein kunsmatige meer, is deur die bekende argitek Bertram Grosvenor Goodhue ontwerp. Die Athenaeum, wat deur die Britse argitek Gordon Kaufman in 1930 in 'n eklektiese Mediterreense styl gebou is, dien as middelpunt van die sosiale studentelewe.

Die Amerikaanse ruimtevaartadministrasie NASA se Jet Propulsion Laboratory, wat ruimtetuie beheer, maak deel uit van die universiteit.

Caltech is 'n lid van die Association of American Universities, 'n vereniging van leidende navorsingsintensiewe universiteite in Noord-Amerika wat in 1900 gestig is.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Caltech (kategorie)