China Southern Airlines

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
China Southern Airlines
China Southern Airlines Airbus A380.
IATA: CZ
ICAO: CSN
Roepsein: CHINA SOUTHERN
Slagspreuk: Fly your dreams
Gestig: 1988
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Guangzhou, Guangdong,
Volksrepubliek van Sjina
Hooflughawe: Beijing Capital Int. Lughawe
Voorsitter: Si Xianmin
Werknemers 73 668 (2012)[1]
Alliansie: SkyTeam
Bestemmings: 193
Vloot: 452 vliegtuie
Webtuiste: http://us.csair.com/

China Southern Airlines is 'n lugredery met sy hoofkwartier in Baiyun-distrik, Guangzhou, Guandong-provinsie, Volksrepubliek van Sjina. Dit is die wêreld se sesde grootste lugredery gemeet aan passasiers vervoer en Asië se grootste lugredery in vlootgrootte en passasiers vervoer. Dit is die vierde grootste lugredery in die wêreld in binnelandse passasiersverkeer en die sesde grootste in geskeduleerde plaaslike passasierskilometers gevlieg. Sy belangrikste spille is op Guangzhou Baiyun Internasionale Lughawe en Beijing Capital Internasionale Lughawe. Die lugredery vlieg tans na 193 bestemmings met 'n vloot van meer as 450 vliegtuie.

China Southern Airlines is op 1 Julie 1988 gestig as gevolg van die herstrukturering van die Burgerlugvaartadministrasie van Sjina. Sedertdien is dit oorgeneem en het ook saamgesmelt met 'n aantal plaaslike lugrederye, steeds as een van Sjina se "Groot Drie" (naas Air China en China, Eastern Airlines).[2] China Southern Airlines is 'n lid van SkyTeam.[3] Die redery se logo is 'n rooi kapok op 'n blou vertikale stertvin.

In 2012 het China Southern Airlines 86,5 miljoen plaaslike en internasionale passasiers vervoer met 'n gemiddelde ladingsfaktor van 81%.

Spilpunte[wysig]

  • Beijing Capital Internasionale Lughawe
  • Chongqing Jiangbei Internasionale Lughawe
  • Guangzhou Baiyun Internasionale Lughawe
  • Ürümqi Diwopu Internasionale Lughawe

Verwysings[wysig]

  1. (en) China Southern Airlines Co. Ltd. - 2012 Jaarverslag”. China Southern Airlines. URL besoek op 26 September 2013.
  2. (en) (16–22 September 2003) “BIGGER IS BETTER”. Besoek op 17 Januarie 2011.
  3. (en) Maatskappyprofiel: China Southern Airlines. Besoek op 15 Januarie 2011.


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.