Conservapedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Conservapedia is 'n Engelstalige inligtingsprojek wat op die idee van 'n aanlynensiklopedie soos Wikipedia geskoei is en hoofsaaklik inligting vanuit 'n Amerikaans-nasionalistiese, Christelik-konserwatiewe en jong-aarde-kreasionistiese perspektief bevat. Dit is in 2006 deur regsgeleerde en sosiaalwetenskaponderwyser Andy Schlafly, seun van konserwatiewe aktivis en stigter van Eagle-forum, Phyllis Schlafly, gestig.[1][2] Hy voer aan dat hy gemotiveerd was om die projek te begin deurdat die vrye aanlynensiklopedie Wikipedia volgens hom liberaal, anti-Christelik en anti-Amerikaans was.[3]

Daar bestaan menige redaksionele verskille tussen Conservapedia en Wikipedia. Schlafly het geglo dat sommige van Wikipedia se beleide tot subjektiwiteit in die ensiklopediese inhoud gelei het. Volgens Conservapedia se beleid kan byvoorbeeld slegs gebruikers wat met 'n rekening wat in hul werklike naam geregistreer is, wysigings aanbring, alhoewel hierdie beleid nie altyd moontlik is om toe te pas nie.[4] 'n Stel beleide, getiteld die Conservapedia Commandments (Afrikaans: Conservapedia-gebooie), bepaal redaksionele prosedures op die webwerf.[5] Artikels en ander inhoud op die webwerf sluit gewoonlik kritiek van Wikipedia en sy, volgens Conservapedia, liberale ideologie in.[6][7]

Conservapedia is een van verskeie konserwatiewe en Christelik-getematiseerde webwerwe wat die uitleg van hoofstroomwebwerwe na-aap om verregse of fundamentalistiese Christelike alternatiewe te bied.[1][8] Die webwerf is al gekritiseer, beide van binne en buite die Verenigde State van Amerika, vir subjektiwiteit en onakkuraatheid.[9][10][11]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Coyle, Jake, "Popular Web Sites Breed Political Copies", San Francisco Chronicle, Associated Press, 2007-05-08. URL besoek op 2008-04-26.
  2. Andy Schlafly”. Eagle Forum University. URL besoek op 2008-05-14.
  3. Siegel, Robert (2007-03-13). “Conservapedia: Data for Birds of a Political Feather?”. URL besoek op 2007-07-26.
  4. Examples of Bias in Wikipedia”. Conservapedia: 2008-03-17. URL besoek op 2008-03-17. Bekommernis oor anonieme gebruikers wat IP-adresse gebruik sluit die aantuiging teen Wikipedia in dat lg. se beleid wat bydraes va n anonieme IP-adresse aanvaar, in "gereëlde lastering" (item 25) en "onbeheerbare vandalisme wat hoofsaaklik liberaal is" (item 29) lei.
  5. Turner, Adam, "Conservapedia aims to set Wikipedia right", IT Wire, 2007-03-05. URL besoek op 2008-05-12.
  6. Chung, Andrew, "A U.S. conservative wants to set Wikipedia right", The Star.com, 2007-03-11.
  7. Johnson, Bobbie, "Conservapedia — the US religious right's answer to Wikipedia", The Guardian, 2007-03-01.
  8. "GodTube Provides Christian Web-Video Alternative", Fox News, AP, 2007-11-02. URL besoek op 2008-08-02.
  9. Die idee dat "daar altyd 'n tweede interpretasie van die feite is wat net so aanvaarbaar is". Clarke, Conor. (2007). "A fact of one's own". The Guardian, March 1.
  10. Weird, wild wiki on which anything goes”. Metro (Associated Metro Limited). Associated Newspapers: 2007-03-19. URL besoek op 2007-03-25.
  11. Maloney, Evan (2007-05-30). “Conservapedia: as accurate as a catatonic drunkard’s line of urine”. Splat!. News.com.au. URL besoek op 2008-06-08.

Eksterne skakels[wysig]