Electrolux

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aktiebolaget Electrolux
Electrolux-Logo.svg
Tipe Aktiebolaget (Sweedse aandelemaatskappy)
Gestig 1919 (samesmelting)
Hoofkantoor Stockholm, Swede
Produkte Huishoudelike toestelle
Inkomste 101,6 miljard SEK (2011)
Bedryfsinkomste 3 071 miljoen SEK (2011)
Netto inkomste 2 064 miljoen SEK (2011)
Webwerf Electrolux

Electrolux, 'n Sweedse maatskappy met sy hoofkwartier in Stockholm, is die wêreld se tweede grootste vervaardiger van huishoudelike toestelle soos wasmasjiene, skottelgoedwassers, koel- en vrieskaste, elektriese oonde en stowe en stofsuiers wat jaarliks meer as 40 miljoen produkte aan verbruikers in 150 lande verkoop. Electrolux is daarnaas ook die eienaar van ander vervaardigers en handelsmerke in dié bedryf soos byvoorbeeld Elektro-Helios, Husqvarna, Zanussi (Italië), AEG (Duitsland), Volta, Kelvinator (Australië en Suid-Afrika), Frigidaire en Eureka (VSA).[1]

Electrolux is in 1919 deur die stofsuier-fabrikant Axel Wenner-Gren gestig wat destyds die bedrywighede van twee maatskappye, Elektromekaniska AB (wat in 1910 gestig is) en AB Lux (1901), saamgesmelt het.

Verwysings[wysig]