Enkefalitis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Enkefalitis (ook ensefalitis, harsingontsteking) is 'n akute inflammasie van die harsings. Enkefalitis met meningitis (harsingvliesontsteking) is bekend as meningoenkefalitis.

Simptome[wysig]

Pasiënte met enkefalitis ly aan koors, hoofpyn en fotofobia met swakheid en aanvalle wat ook gereeld voorkom. Minder gereeld kom styfheid van die nek voor, met rare gevalle van pasiënte wat ook aan styfheid van die ledemate ly, stadige bewegings en lompheid afhangende van die spesifieke gedeelte van die brein wat betrokke is. Die simptome van enkefalitis word veroorsaak deur die brein se beskermingsmeganismes wat aktiveer om van die infeksie ontslae te raak. Ander simptome kan lomerigheid en hoesbuie insluit.