Enkelspeler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Enkelspeler is 'n spesiale vrystelling van 'n musiekopname wat minder snitte as 'n langspeler bevat. Die vrystelling kan in verskeie formate aan die publiek te kope aangebied word. In meeste gevalle is die enkelspeler 'n liedjie wat apart van 'n album vrygestel word, maar dit kan self ook op die album voorkom. Dit is dikwels die gewildste liedjies van albums wat afsonderlik vir promosie en die uitsaai op radiostasies uitgereik word.