Etimologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Etimoloog)
Spring na: navigasie, soek
Ontwikkeling van die woord "moeder" in verskeie Indo-Europese tale.

Etimologie is die deel van taalkunde wat die herkoms van woorde bestudeer.

Die etimologie van 'n woord is die historiese verklaring vir die manier waarop die vorm van die woord tot stand gekom het; daarom word daar ook van die woordherkoms (Duits: Wortherkunft) gepraat.

Iemand wat etimologie beoefen word 'n etimoloog genoem. Etimoloë werk dikwels aan woordeboeke en ensiklopedieë.

Voorbeeld[wysig]

As voorbeeld, die etimologie van die woord AANHANGIG:

As ons daarvan praat om 'n saak aanhangig (te) maak, verwys dit na 'n gewoonte eeue gelede waar die stukke wat gehandel het oor administratiewe sake in sakke bewaar is. Hierdie sakke is dan aan spykers in die muur opgehang en die stukke daarin was dan letterlik hangende. Sodra die sake afgehandel is, is die sakke met hul inhoud afgehaak.

Verdere naleeswerk[wysig]

  • Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), 13 Junie 2003, ISBN: 0-9584401-1-5
Wiktionary-logo-en.svg Vir woordeboekinligting, sien die bladsy etimologie op WikiWoordeboek