Font

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

In tipografie word 'n lettertipe (Engels: font), tradisioneel gedefinieer as 'n volledige letterstel van 'n enkele grote of 'n spesifieke lettertipe. Byvoorbeeld, alle letters vir 9-punt Arial is 'n font, en die 10-punt grotes sal 'n ander font wees.

Gebruiklike fonts[wysig]

Gebruiklike fonts onder MS Windows is Arial, Arial Black, Courier New, Times New Roman, Tahoma, Verdana, ens.

Lettertipes met vaste spasiëring[wysig]

Lettertipes met vaste spasiëring
Daar word ook onderskei tussen fonts met vaste spasiëring (soos dié van 'n tikmasjien, waar elke letter dieselfde breedte het - 'n i gebruik hier dieselfde spasie as 'n w). 'n Voorbeeld hiervan is: Courier New.

Lettertipes met veranderlike spasiëring[wysig]

Lettertipes met veranderlike spasiëring
Lettertipes met veranderlike spasiëring word veral in die boekdruk gebruik. Hier het letters 'n onafhankike breedte - 'n i gebruik dus minder spasie as 'n w. Voorbeelde hiervan is: Arial, Arial Black, Times New Roman, Tahoma, Verdana.