Geleedpotiges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Geleedpotiges
'n Duisendpoot.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klasse

Die geleedpotiges (filum of superfilum Arthropoda) is 'n groot groep van invertebrate (diere sonder 'n ruggraat). Diere soos insekte, spinnekoppe, krappe, garnale en duisendpote is almal geleedpotiges. Geleedpotiges het gelede voete, 'n gesegmenteerde liggaam, en 'n eksoskelet (harde dop om die liggaam).

Geleedpotiges het by verre die grootste aantal spesies van enige groep diere, en moontlik ook van enige filum van enige lewende organisme op Aarde. 'n Enkele orde van insekte – die kewers – oortref byvoorbeeld al die ander in aantal spesies.

Byna alle geleedpotiges lewe op die land. Hulle harde eksoskelette beskerm hulle teen uitdroging (verlies van water). Hulle is ook die eerste filum wat ware vlug bemeester het.

Geleedpotiges is 'n bron van voedsel vir baie diere, insluitend die mens.

Fotogalery[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Arthropods (bladsy)
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: