Grace Gates

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die sogenaamde Grace Gates op Lord's.

Die Grace-hekke, amptelik die WG Grace Memorial Gates, is twee hekke op die Lord's Krieketgronde in Londen, Engeland. Hierdie hekke is in 1923 opgerig en is 'n graad II-gelyste monument.[1]

Die hekke is deur die argitek Sir Herbert Baker ontwerp as 'n huldeblyk aan die Engelse krieket-legende W. G. Grace, wat in 1915 oorlede is.[2] Die hekke is van gietyster vervaardig en word deur 'n pilaar van Portland-sandsteen van mekaar geskei. Op die pilaar is gegraveer: "'TO THE MEMORY OF WILLIAM GILBERT GRACE THE GREAT CRICKETER: 1848-1915: THESE GATES WERE ERECTED: THE MCC AND OTHER FRIENDS AND ADMIRERS'."

Verwysings[wysig]

  1. 1246985 - GRACE GATES AT LORD'S CRICKET GROUND”. English Heritage: 1996-02-07. URL besoek op 2014-01-01.
  2. Lord's - A brief timeline”. ESPN Cricinfo. URL besoek op 2014-01-01.