Groot Muur (sterrekunde)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Groot Muur bevat die Hercules-, Coma- en Leo-superswerms regs op dié kaart van die nabygeleë heelal.

Die Groot Muur (ook genoem die Coma-muur of die CfA2 Groot Muur) is een van die heel grootste bekende strukture in die heelal. Dit is ’n filament van sterrestelsels sowat 200 miljoen ligjare van die Aarde af en is groter as 500 miljoen x 300 miljoen x 16 miljoen ligjare. Dit sluit die Hercules-, die Coma- en die Leo-superswerm in.[1]

Dit is in 1989 deur Margaret Geller en John Huchra ontdek gebaseer op rooiverskuiwingdata van die CfA-rooiverskuiwingopname.[2] Dit is nie bekend hoeveel groter die Groot Muur is nie omdat die gas en stof van die Melkweg, waarin die Aarde geleë is, die uitsig versper. Die volume van die muur word geraam op sowat 9,46×1043 km3.

Sterrekundiges meen die heelal bestaan uit 'n paar sulke mure wat langs webagtige stringe donker materie vorm[3] met groot leemtes tussenin – die grootste van dié mure is die Groot Muur van Sloan, wat sowat 1,38 miljard ligjare lank is.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Heintzmann, H. (2006-11-21). “The Great Wall”. URL besoek op 31 Januarie 2012.
  2. Geller, Maragaret J.; John P. Huchra (1989-11-17). “Mapping the Universe”. Science 246 (4932): 897–903. DOI:10.1126/science.246.4932.897. Besoek op 2011-05-03.
  3. Riordan, Michael; David N. Schramm (1991-03). Shadows of Creation: Dark Matter and the Structure of the Universe. W H Freeman & Co (Sd). ISBN 0-7167-2157-0. 

Eksterne skakels[wysig]