HMS Dauntless

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die HMS Dauntless
Die HMS Dauntless onder konstruksie
Die HMS Dauntless (voorgrond) saam met die Spaanse Almirante Juan de Borbon en die Amerikaanse USS Gettysburg

Die HMS Dauntless is 'n Britse torpedojaer van klas Type 45 (Daring). Haar bestelling was geplaas in Desember 2000 op die kontrakteur BAE Systems. Daar is op 28 Augustus 2004 met haar konstruksie begin, sy is op 23 Januarie 2007 te water gelaat en op 3 Junie 2010 in diens gestel. Die projek het R 13 miljard gekos.

Tegniese besonderhede[wysig]

Die skip is 152.4 m lank en dra 'n bemanning van 190. Sy verplaas 8 000 ton water en word aangedryf deur twee Rolls-Royce WR-21 gasturbines wat 21,5 MW elk produseer. Dit verseker 'n top snelheid van 54 km/h via twee skroewe. Sy het 'n reikafstand van 7 000 seemyl.

Die romp van die skip bevat 2 800 ton staal en 40 ton verf is gebruik om 'n area van 100 000km2 te verf.

Wapenstelsel[wysig]

Sy is toegerus met die Sea Viper missiel-stelsel. Die missiele het 'n reikafstand van 112 km en bereik Mach 4 (5 000 km/h) in die proses. Sy dra een Mk8-kanon en twee Mk-8 kanonne. Sy is ook toegerus met 'n Sampson-radarstelsel wat 400 km ver kan sien. Sy beskik ook oor 'n vliegdek wat twee klein Lynx helikopters of een Westland Merlin HM1 helikopter kan dra.

Bron[wysig]

  • Britte jaag seerowers só Beeld 16 Julie 2012.