Hoeksteen (Barneveld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Binnekant van die Hoeksteen.
Die voltooide kerkgebou.
Die gemeente se vorige kerkgebou.

Die Hoeksteen in die Nederlandse dorp Barneveld is met 2 550 sitplekke een van die grootste kerkgeboue in Nederland. Dit behoort aan die Gereformeerde Gemeenten in Nederland, die mees konserwatiewe van al die gereformeerde kerkverbande in Nederland. Die kerkgebou is eers in 2008 ingewy deur 'n diens van ds. J. Roos.

Konstruksie[wysig]

Planne vir die bou van 'n nuwe kerk is eers in 2005 oorweeg.[1] Die konstruksie het in 2007 in aanvang geneem en het 1.5 jaar geduur.[2] Die nuwe kerk met sy 2 550 sitplekke is in 2008 ingewy.[3] Die kerk se toring is ongeveer 47 meters hoog.[4]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]