Meterkonvensie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Seël van die BIPM

Die Meterkonvensie is 'n internasionale verdrag wat in 1875 in Parys onderteken is. Onder die verdrag het agtien lande ooreengekom om saam te werk om die Franse metriese stelsel 'n gemeenskaplike stelsel vir meeteenhede te maak. Daar is ooreengekom dat veertig kopieë van die oorspronklike Franse meter en veertig kopieë van die oorspronklike kilogram gemaak sou word. Hierdie kopieë is teen mekaar gekalibreer. Een meter-artefak en een kilogram-artefak is lukraak gekies. Hierdie artefakte het wêreldwyd die meester-kopieë van die meter en die kilogram geword. Die oorblywende kopieë is versprei aan lidlande as hul nasionale kopieë van die meter en die kilogram. Drie organisasies is opgestel om hierdie werk te koördineer:[1][2]

  • Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (Internasionale Buro vir Mate en Gewigte) of BIPM[Nota 1] is 'n stigting wat laboratorium maatingsfasiliteite aan die Meterkonverensielande verskaf. Die stigting is op 'n internasionale terrein in Sèvres (fr) naby Parys geleë. Die meesterkopie van die kilogram word ook hier bewaar.
  • Comité international des poids et mesures (Internasionale Komitee vir Mate en Gewigte) of CIPM is die bestuur van die BIPM. Die komitee het 18 lede uit 18 verskillende lande. Hulle vergader een keer per jaar.
  • Conférence générale des poids et mesures (Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte) of CGPM is 'n vergaadering van die lande wat die Meterkonvensie onderteken het. Sedert 1875 het 25 vergaderings van die CGPM plaasgevind – die 25de was in November 2014. Die CIPM word hier gekies en die BIPM se begroting word hier ooreengekom.

Algemene Konferensie vir Mate en Gewigte (CGPM)[wysig | wysig bron]

As 'n land 'n lid van die CPGM wil word, moet hy diplomatieke betrekkinge met Frankryk hê en moet ook 'n nasionale laboratorium besit. Sedert 1999 kon lande wat nie vir volle lidmaatskap gekwalifiseer het nie aansoek doen vir geassosieerde lidmaatskap. Suid Afrika het die konvensie in 1964 as 'n volle lid ondergeteken en in 2012 het Namibië die konvensie as 'n assosiaatlid ondergeteken. Op 1 Januarie 2015 bevat die lidmaatskap van die CGPM 55 volle lede en 41 is assosiaatlede.[3]

Internasionale Komitee vir Mate en Gewigte (CIPM)[wysig | wysig bron]

Die CIPM is die die regerende raadraad vir die CGPM. Die bestaan uit agtien wetenskaplike wat deur die GCPM vanuit agtien verskillende lande gekies word. Die bestuurder van die BIPM is ex-officio ook 'n lid van die CIPM. Die CIPM het 'n aantal consiltative komitees wat verskeie aspekte van die CIPM se werk versorg. Een van die consultative komitees, dir CCU, is verantwoordlik om die amptelike definisie van die SI-stelsel te skryf.[4]

Internasionale Buro vir Mate en Gewigte (BIPM)[wysig | wysig bron]

Ingang tot the BIPM kompleks

Die Internasionale Buro vir Mate en Gewigte, (Frans: Bureau international des poids et mesures) afgekort BIPM, is 'n internasionale Standaarde organisasie (en), een van drie wat gestig is vir die instandhouding van die SI-stelsel (Frans: Le Système International d'Unités) onderhewig aan die voorwaardes van die Meterkonvensie (Frans: Convention du Mètre). Die BIPM bied laboratorium fasiliteite en sekretariële ondersteuning vir die (CGPM). Dit bewaar ook die Internasionale Prototipe Kilogram en die voormalige Internasionale Prototipe Meter.

Na die ondertekening van die Meterkonvensie (1875), het die Franse regering die Pavillon de Breteuil, tot die beskikking van die BIPM geplaas. Die Pavillon, wat geleë is in Sèvres in die buitewyke van Parys was erg beskadig tydens die Frans-Pruisiese Oorlog (1870-1871). Die BIPM het die gebou herstel en sy eerste laboratorium daar in 1884 gevestig. In 1969 het die Franse regering erken dat die terrein waar BIPM gevestig was internationale terrein was.[5]

Die BIPM is gefinansier deur ledegeld van sy lede. In 2015 is die BIPM se begroting 11.800.000 waarvan Suid Afrika €56.953 en Namibië €11.810 betaal het.[6]

Notas[wysig | wysig bron]

  1. Die verkortings van hierdie organisasies word nooit vertaal nie.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Mission, Role and Objectives (in Engels)”. Internasionale Buro vir Mate en Gewigte: Junie 2013. URL besoek op 6 April 2015.
  2. The Metre Convention (in Engels)”. Internasionale Buro vir Mate en Gewigte. URL besoek op 3 Januarie 2015.
  3. Member States (in Engels)”. BIPM: Januarie 2015. URL besoek op 20 Januarie 2015.
  4. International Committee for Weights and Measures (CIPM) (in Engels)”. BIPM. URL besoek op 3 Maart 2015.
  5. Quinn, TJ (Augustus 1991). “History of the Pavillon de Breteuil (in Engels)”. BIPM. URL besoek op 22 Februarie 2015.
  6. Dotation du Bureau International (in Frans)”. Desember 2014. URL besoek op 20 Januarie 2015.