jQuery

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
jQuery se kenteken.

jQuery is 'n vrye JavaScript-raamwerk wat webtuistes meer dinamiese en interaktief help maak. Dit kan gebruik word om veranderinge aan die DOM en CSS aan te bring en met die webbediener te kommunikeer (ook bekend as AJAX).

Die ontwikkeling van jQuery is deur John Resig begin. Dit word onder die MIT-lisensie en die GNU Algemene Publieke Lisensie vrygestel.

Weergawes[wysig]

Enkele weergawes met verystellingsdatums:

Vrygestel op Weergawe Ekstra inligting
26 Augustus 2006 1.0 Eerste stabiele weergawe
14 Januarie 2007 1.1
10 September 2007 1.2
14 januari 2009 1.3
14 Januarie 2010 1.4
31 Januarie 2011 1.5
3 Mei 2011 1.6
3 November 2011 1.7
9 Augustus 2012 1.8

Voorbeelde[wysig]

Die funksionaliteit van jQuery kan op verskeie maniere gekodeer word. Die funksie om byvoorbeeld 'n string te trim (onnodige witspasie aan begin en einde weg te laat) kan op die volgende maniere uitgevoer word:

str = "  foo  ";
 
// metode 1
jQuery.trim(str);
 
// metode 2
$.trim(str);

Enkele ander voorbeelde:

// Voer 'n funksie uit as die dokument klaar gelaai is (met die uitsondering van beelde).
// Dit word dikwels met jQuery gebruik om seker te maak dat al die elemente gelaai is en reg is om gewysig te word.
$(document).ready(function() {
  alert("Hallo gebruiker, alle DOM-elemente is nou gelaai!");
});
 
// Selekteer alle paragrawe met die klas "foo" en voeg die klas "bar" by.
$("p.foo").addClass("bar");
 
// Besoek al die elemente van die lys [1,2,3] en pas die gegewe funksie toe:
$.each([1,2,3], function() {
  document.write(this + 1);
});
 
// Stuur 'n POST-versoek na my.php met die gegewe parameters
// en gee - indien suksesvol - 'n "alert" met die data wat die webbediener terugstuur.
$.ajax({
  type: "POST",
  url: "my.php",
  data: "name=John&location=Boston",
  success: function(msg){
    alert( "Data gestoor: " + msg );
  }
});

Eksterne skakels[wysig]