Jonathan Safran Foer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jonathan Safran Foer
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jonathan Safran Foer in 2008

Gebore 21 Februarie 1977
Washington, D.C.
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State Verenigde State
Beroep romanskrywer, kortverhaalskrywer
Bekend vir Everything Is Illuminated
Huweliksmaat Nicole Krauss (2004–2014)
Kind(ers) 2

Jonathan Safran Foer (* 21 Februarie 1977) is ‘n Amerikaans gebore skrywer en hy is mees bekend vir sy boek Everything Is Illuminated wat in 2002 uitgereik is.

Biografie[wysig]

Foer is in Washington, D.C. gebore en het daar by Georgetown Day skool gegaan. Hy is daarna gekies om aan Princeton universiteit verder te studeer waar hy letterkunde en filosofie gestudeer het. Hy bly tans in Brooklyn, New York, saam met sy vrou, die skryfster Nicole Krauss, en hulle twee jaar oue seun, Sasha.

Jonathan is een van die meer omstrede skrywers van ons era. Nie vir die inhoud van sy skryfwerke nie, maar eerder aangesien sy skrywes polarisasie by sy lesers aanwakker: sommige kritici en aanhangers beskou hom as ‘n genie, terwyl ander hom as ‘n prulskrywer beskryf. Die oorspronklike vrystelling van sy eerste roman, Everything Is Illuminated, het egter oorweldigende lof ontvang - nie net van erkende publikasies nie, maar ook hooggeagde skrywers soos John Updike, Salman Rushdie en Isabel Allende.

Dié boek is ook in 2005 deur regisseur Liev Schrieber verfilm, met Elijah Wood as in die hoofrol. Sy tweede roman, Extremely Loud and Incredibly Close, is in 2005 gepubliseer en daar is ook klaar sprake dat dit ook verfilm gaan word.

Foer is die middelste kind van drie seuns waarvan almal in die letterkunde betrokke is. Foer het pas vir die eerste keer begin les gee: hy het ‘n werk as tydelik lektor by Yale Universiteit aanvaar, waar hy klas gee in Intermediêre Fiksie.

In die London Review of Books, het Wyatt Mason geskryf: “Foer het ‘n ongewone geloof in die krag van geskrewe kommunikasie getoon, asook ‘n ware gelowige se bereidwilligheid om die beperkings daarvan te toets”.