Königstein im Taunus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Königstein im Taunus
Uitsig oor Königstein im Taunus
Uitsig oor Königstein im Taunus
Official seal of Königstein im Taunus
Seël
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging van Königstein im Taunus op 'n kaart (Duitsland)
Königstein im Taunus
Königstein im Taunus
Ligging in Duitsland
Koördinate: 50°11′N 08°28′O
Land Vlag van Duitsland Duitsland
Deelstaat Hesse
Administratiewe streek Darmstadt
Administratiewe distrik Hochtaunuskreis
Eerste verwysing 1215
Stadstatus 1313
Regering
 - Burgemeester Leonhard Helm (onafhanklik, CDU)
Oppervlak
 - Stad 25,1 km²  (9,7 vk m)
Hoogte 362 m (1 188 vt)
Bevolking (30 Junie 2013)
 - Stad 15 964[1]
 - Digtheid 636/km² (1 647,2/myl2)
Tydsone MET (UTC+1:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+2:00)
Poskode 61462
Skakelkode(s) 06174, 06173 (Mammolshain)
Webwerf: www.koenigstein.de

Königstein im Taunus is 'n stad en herstellingsoord in die administratiewe distrik Hochtaunuskreis van die Duitse deelstaat Hesse. Die stad is naby Frankfurt am Main teen die beboste hellings van die Taunus-bergreeks geleë.

Die eerste verwysing na Königstein dateer van 1215. In 1313 is stadstatus aan die nedersetting verleen. Vandag is Königstein im Taunus, net soos sy buurstad Kronberg im Taunus, een van die welvarendste nedersettings in Duitsland, met 'n gemiddelde koopkragindeks van 191 in 2011 (in vergelyking met 'n gemiddeld van 100 vir die hele land). Naas die kernstad met sy welgestelde woonbuurte is daar drie stadsdele, Mammolshain, Schneidhain en Falkenstein. Aan die laasgenoemde is, net soos aan die kernstad, weens sy gesonde klimaat die amptelike predikaat Heilklimatischer Kurort ("herstellingsoord") toegeken.

Twee kastele toring uit bo Königstein en Falkenstein. Die bouvalle van die kasteel Königstein is een van die grootstes in Duitsland. Volgens historiese oorlewerings is dit deur die grawe von Nürings gebou om vanaf die vroeë 14de eeu die belangrike handelsroete tussen Frankfurt am Main en Keulen te beskerm. Ná die Staufertydperk is die kasteel grootliks uitgebrei. Die laer gedeelte van die onbewoonde hooftoring, die sogenaamde Bergfried of wagtoring, dateer van die vroeë 14de eeu en is later verskeie kere verhoog tot sy huidige hoogte van 34 meter.[2]

Die bouvalle van die kasteel Falkenstein bied 'n uitsig oor Frankfurt am Main en die Ryn-Mainvlakte. Groot dele van die oorspronklike kasteel het bewaar gebly, waaronder die hooftoring uit die vroeë 14de eeu met 'n hoogte van 18 meter.

Verwysings[wysig]

  1. Hessisches Statistisches Landesamt: Bevölkerung der hessischen Gemeinden
  2. Markus Berger: Freizeitführer Südhessen. Gudensberg-Gleichen: Wartberg 2013, bl. 117