Knut

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Knut tydens sy eerste voorstelling aan die publiek op 24 Maart 2007.

Knut (5 Desember 200619 Maart 2011) was 'n ysbeer in die Zoologischer Garten Berlin (Berlynse Dieretuin) wat deur sy moeder, Tosca, verwerp is. Sy tweelingbroer het twee dae ná geboorte gesterf.

Die ysbeer was deur versorger Thomas Dörflein (1963-2008) grootgemaak. Dit is aanvanklik berig dat diereaktiviste die dier liewer wou laat uitsit omdat hulle gemeen het dat Knut later versteurde, asosiale gedrag sou vertoon omdat hy nie binne 'n groep ysbere grootgemaak word nie.[1] Dit is egter nie bevestig nie, en diereaktiviste het later verklaar dat die berigte op misverstande berus het.

Video's[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Knut (bladsy)