Kombinasielogika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kombinasie logika)
Spring na: navigasie, soek

In digitale stroombaanteorie, is kombinasielogika 'n tipe logiese stroombaan wat se afvoer 'n funksie van die huidige toevoere aleenlik is. Dit is in teenstelling met sekwensiële logika, waar die afvoer afhangklik is van die huidige toevoer en die geskiedenis van die toevoer.

Sekwensiële logika besit dus 'n geheue element wat kombinasielogika nie het nie.

Kombinasielogika word in rekenaar stroombane gebruik om Boolse algebra op toevoere en gestoorde inligting uit te voer. Praktiese rekenaar stroombane bevat 'n vermenging van kombinasielogika en sekwensiële logika. Soos byvoorbeeld in die Rekenkundige Logiese Eenheid (RLE) (deel van die Sentrale verwerkingseenheid (SVE)) van 'n rekenaar, word die gedeelte wat wiskundige bewerkings doen in ooreenstemming met kombinasielogika gebou, terwyl die RLE beheer word deur 'n beheerder wat gebou is in ooreenstemming met sekwensiële logika.